Kragtige naskok skud noordelike Chile

Deel op

chileaardbewing‘n Kragtige naskok van 7,6 op die Richterskaal het die noordelike deel van Chile geskud.

Die VSA se Geologiese Opname, USGS het aanvanklik berig dat die grootte van die aardbewing 7,8 was, maar dit is later afgegradeer tot 7.6.

Dit is oor die grens gevoel in Suid-Peru, Tacna en Arequipa waar mense in vrees in die strate uitgehardloop het.

Dinsdag, het die owerhede net ses sterftes gerapporteer, maar het gesê dit is moontlik dat nog mense gedood kon gewees het in afgeleë gemeenskappe en dus was verdere besonderhede nie onmiddellik beskikbaar nie.

Meer as 2500 huise is beskadig in ‘n arm buurt bo Iquique, ‘n stad van byna 200,000 mense.

‘n Verpligte ontruiming voor ‘n tsunami die kusinwoners getref het, het plaasgevind. Die water het gestyg tot 2,5 meter en miljoene dollar se skade aan vissersbote aangerig.

Dit volg nadat die regering gister ‘n noodtoestand afgekondig het ná die kragtige aardbewing van agt-komma-twee in die gebied.

Die naskok het gevolg na vroeëre naskokke en was sowat 19 kilometer suid van die hawe van Iquique.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.