Zuma wag dat ondersoek oor Nkandla afgehandel is

Deel op
President Zuma
President Zuma

President Jacob Zuma het in ‘n verklaring gesê hy sal slegs volledig reageer op die Nkandla-verslag wanneer die ondersoek deur die Spesiale Ondersoekeenheid afgehandel is.

‘n Woordvoerder van die Spesiale Ondersoekeenheid, Boy Ndala, sê die eenheid se ondersoek sal aan die einde van Mei afgehandel wees.

Die Parlement het intussen bevestig dat hy kommentaar van die president oor die Openbare Beskermer, Thuli Madonsela, se verslag na opgraderings by sy privaatwoning ontvang het.

Zuma het sy reaksie aan die Speaker van die Nasionale Vergadering, Max Sisulu, voorgelê en ‘n afskrif van Madonsela se verslag ingesluit.

Madonsela het bevind dat die president onregverdige voordeel getrek het uit van die opgraderings by sy huis en dat hy van die koste moet terugbetaal.

Die president sê hy het nie die besluit geneem om die opgraderings te laat aanbring nie en voel dus nie genoop om daarvoor te betaal nie.

Opposisiepartye het Zuma daarvan beskuldig dat hy sy reaksie doelbewys vertraag tot na die verkiesing op 7 Mei, maar die woordvoerder van die Presidensie, Mac Maharaj het dit ontken.

 

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.