Min entoesiasme vir EU-Afrika-spitsberaad

Deel op
Zero aantrekkingskrag, behalwe geld...
Zero aantrekkingskrag, behalwe geld…

Die president van die Europese Raad, Herman van Rompuy, het die spitsberaad tussen Europa en Afrika as ‘n geleentheid bestempel vir Europa om vir sy koloniale verlede te vergoed en vrede, ekonomiese groei en werkgeleenthede in Afrika te skep, maar ontelders sê Europa het min aantrekkingskrag vir Afrika.

Die Europese Unie is Afrika se grootste ontwikkelingsvennoot, wat tussen 2007 en 2013 hulp van twee biljoen rand beskikbaar gestel het aan die vasteland.

Presidente en eerste ministers van Europa en Afrika het in Brussel byeengekom vir ‘n beraad tussen die die twee kontinente wat voorgehou word as ‘n geleentheid om vrede en beleggings op die wêreld se armste vasteland te bevorder.

Kenners meen egter die EU is bekommerd oor China se groeiende invloed op die vasteland wat hul toegang tot goedkoop hulpbronne kan belemmer.

Die spitsberaad is geopen met krisissamesprekinge Woensdag oor die “skrikwekkende” geweld in die Sentraal-Afrikaanse Republiek (SAR).

Dertien leiers van die Europese Unie en 12 Afrika-leiers het vergader met die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, Ban Ki-moon oor die afwaartse spiraal van chaos waarin die SAR besig is om te versink.

Die VN-hoof hoop om die Veiligheidsraad te nader sodat ‘n sogenaamde vredesmag van 12.000 uiteindelik die 8.000 Afrika- en Franse troepe daar kan vervang.

Op die vooraand van die spitsberaad het die EU besluit om reeds 1000 troepe na die SAR te stuur, in weerwil van ‘n gebrek aan toerusting.

Ban Ki-moon het gewaarsku dat die situasie in ‘n volskaalse volksmoord kan ontaard, met kinders wat onthoof word, kannibalisme en wydverspreide summiere teregstellings.

Onwettige migrasie, handels- en veiligheidsprobleme in Afrika sal ook aangespreek word by die tweedag-beraad.

Die vorige EU-Afrika-spitsberaad in Tripoli is meer as drie jaar gelede onder toesig van die Libiese staatshoof Moeammar Gadaffi gehou voordat hy deur Anglo-Amerikaanse ondersteuners vermoor is.

Spanning oor China se invloed was reeds toe ook sigbaar.

Dit het intussen aan die lig gekom dat die geweld in Libië wat die lewe van ‘n Amerikaanse ambassadeur Chris Stevens geëis het nadat die VSA die land binnegeval het, doelbewus deur die Amerikaanse owerhede toegesmeer is.

Die CIA het erken dat hulle gelieg oor Libië, oor ‘n opstand in Benghazi wat nooit plaasgevind het nie.

In ‘n doelbewuste poging om die Amerikaanse nasie, sowel as mense regoor die wêreld te mislei, het Barack Obama, Hillary Clinton en die VN-ambassadeur Susan Rice gelieg en gesê die terrorisme-aanval op die diplomatieke missie in die stad was ‘n spontane opstand in reaksie op ‘n anti-Islam-video wat opgelaai is op die internet.

Die waarnemende CIA-direkteur Mike Morell sal openbare getuienis oor die Benghazi-versinsels lewer voor ‘n Staande komitee oor Intelligensie van die Huis van Verteenwoordigers dié week.

Intussen het China hul penetrasie van Afrika voortgesit, terwyl Indië, Brasilië, Turkye en Suid Korea ook tans soortgelyke geleenthede nastreef.

“In net ‘n paar jaar het Afrika ‘n aantreklike bruid geword wat kan kies tussen ‘n paar kandidate,” sê ontleder Geert Laporte van die Europese Sentrum vir Beleidsontwikkeling. Maar Europa is “op die oomblik baie onbegeerlik.” [But Europe right now does not have a lot of sex appeal]

President Jacob Zuma en Zimbabwe se Robert Mugabe het besluit om nie dit by te woon nie na ‘n geskil oor die uitnodigingslys.

Mugabe het weggebly omdat sy vrou Grace nie genooi is nie. Sy is een van talle gaste wat nie ‘n uitnodiging ontvang het nie.

President Zuma het Suid-Afrika se minister van buitelandse sake in sy plek gestuur.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.