Zoeloes gedenk St Helena-krygsgevangenes

Deel op
'n Deel van St Helena soos dit tans daar uitsien
‘n Deel van St Helena soos dit tans daar uitsien

Mchunu het ‘n beroep op die mense van KZN gedoen om môre te verenig en die krygsgevangenes op St Helena te gedenk. ‘n Multikulturele byeenkoms sal by die Woodburn-stadion in Pietermaritzburg gehou word.

“Soos wat ons ons nadink oor die pad wat ons oor die jare gekom het tot hier waar ons vandag is, word ons daaraan herinner dat Natal, soos dit toe bekendgestaan het, op ‘n stadium die terrein vir vele veldslae, konflikte en konfrontasies in Suid-Afrika was. Dit het tot die ballingskap van vele van ons helde op St Helena-eiland gelei.”

“Die Franse keiser, Napoloen Bonaparte I het ses jaar in ballingskap op St Helena van 1815-1821 onder streng toesig ná sy neerlaag by Waterloo deurgebring.

Belangrik is dat die Zoeloekoning Dinuzulu kaCetshwayo, die kleinneef van Koning Tsjaka tot 10 jaar gevangenisstraf op St Helena gevonnis is. Die koning het gedurf om die Britte teen te gaan wat hom nie aas die regmatige erfgenaam van die troon van die Zoeloevolk erken het nie.”

“Drie jaar nadat Koning Dinuzulu St Helena verlaat het, is meer as 5000 Boerekrygsgevagenes ook op St Helena in ballingskap aangehou omdat hulle aan ‘n oorlog teen die Britte deelgeneem het.”

“Tien jaar nadat koning Dinuzulu na ‘n Zoeloeland teruggekeer het wat intussen by Natal ingelyf is, het hy die rebellie teen die hoofbelasting gelei wat deur die Britte ingestel is om vir hul behoeftes om die ontwikkelende gebied te betaal. Die koning is van hoogverraad aangekla en na Middelburg verskuif. Omtrent 25 Zoeloerebelle is in ballingskap na St Helena weggevoer weens hul deelname aan optrede teen die hoofbelasting.”

“Hierdie is die helde wat gehunker het na onafhanklikheid, politieke selfbeskikking en die beskerming van hul kultuur en tale. Noudat ons almal demokrasie en vryheid behaal het, moet ons almal verenig en dié helde onthou.”

Die media en lede van die publiek word uitgenooi om die byeenkoms soos volg by te woon:

Multikulturele parada wat sal vertrek vanaf

Die stadsaal om 9:00

Tyd: 10:00

Plek: Woodburn-stadion, Pietermaritzburg

Datum: 3 April 2014

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.