Selfoonoproepe en data in SA te duur

Deel op

Smartphone+Cellphone+phoneSoos ons elders berig het, gaan Okosa (die onafhanklike kommunikasie- en uitsaai-owerheid) binne die volgende ses maande nuwe regulasies ontwikkel en word selfoonmaatskappye intussen gedwing om goedkoper skakeltariewe te hef.

Die buitensporige winste wat mobiele operateurs in Suid-Afrika maak binne ‘n bedryf waarvoor ‘n mens ‘n lisensie van die owerheid moet hê, is eenvoudig immoreel. Miljoene mense betaal ten duurste vir ‘n voorreg wat in ander dele van die wêreld as vanselfsprekend aanvaar word: om mobiel te mag kommunikeer.

Daar is egter ook bemoedigende tekens dat prysmededinging besig is om in die bedryf pos te vat. Albei van die kleiner operateurs, Cell C en Telkom-mobiel, bied tans verminderde tariewe aan. Cell C bied ‘n tarief van 99 sent per minuut, terwyl Telkom-mobiel met sy Sim-Sonke-aanbieding ‘n koste per minuut van slegs 29 sent vir oproepe binne sy eie netwerk hef en 75 sent na ander netwerke.

Afrikaners kan gerus ook meer gereeld van selfoonoperateur verander en praag ook goedkoper vanaf hul mobiele toestelle lees!

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.