Onbekwame swart minister behou pos in geskommelde Franse kabinet

Deel op
Christiane Taubira
Christiane Taubira

‘n Onbekwame swart minister van justisie, Christiane Taubira, het haar pos in die geskommelde Franse kabinet onder die nuwe eerste minister, Manuel Valls, behou. Die kabinetskommeling ná die uiters swak vertoning deur die regerende Sosialistiese Party tydens die pas afgelope plaaslike verkiesings in die land. Frankryk is besig om al hoe meer na regs te verskuif, met die opkoms van mev. Marine Le Pen se Front Nasionaal, maar ook die tradisionele regs-liberale party, die UMP, wat vele stemme by die sosialiste afgeneem het.

Die Sosialistiese president, Francois Hollande, het daarom verkies om die meer konserwatiewe sosialis, Manuel Valls, as eerste minister, tesame met ‘n nuwe kabinet, aan te stel. Valls is van die gewildste sosialiste aangesien hy ‘n meer “regse” benadering volg as dit by Frankryk se immigrasieprobleme kom. Hy het byvoorbeeld ‘n nasionale opskudding veroorsaak deur ‘n 15-jarige sigeunermeisie, Leonarda Dibrani en haar gesin summier uit die land te sit omdat hulle nie oor wettige verblyfpermitte beskik het nie. Die meisie was reeds etlike jare in Frankryk op skool en het haarself as Frans beskou.

Manuel Valls, die nuwe eerste minister van Frankryk
Manuel Valls, die nuwe eerste minister van Frankryk

Die omstrede swart minister, Christiane Taubira, het egter haar pos as minister van justisie behou, omdat Hollande waarskynlik bang was dat hy van “rassisme” beskuldig sou word indien hy haar uit die kabinet weglaat. Volgens ‘n anonieme kommentator wat deur die Paryse koerant, Le Figaro, aangehaal word, wou mnr. Bertrand Delanoë nie die pos aanvaar nie. “Uiteindelik,” volgens hom, sou haar (Taubira se) weglating uit die kabinet deur die nuwe eerste minister gesien gewees het as ‘n diskriminerende en wraaksugtige daad, gegewe die openbare verdeeldheid in die verlede.”

Taubira word deur vele regse Franse as “nie Frans nie” beskou en is ook om haar linkse standpunte omstrede.

‘n Ander minister wat sy pos behou het, is Laurent Fabius, die minister van buitelandse sake.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.