Wêreldbankpresident verwys na ‘energie-apartheid’

Deel op
Jim Jong Kim, president van die Wêreldbank
Jim Jong Kim, president van die Wêreldbank

Die president van die Wêreldbank, Jim Jong Kim, het gister gesê dat “elekrisiteit van die mense van Afrika weerhou word” wat op globale “energie-apartheid” neerkom.

Die totale energie-verbruik van die miljard mense in Afrika is gelykstaande aan dít wat België met sy 11 miljoen inwoners verbruik.

“Tans is die totale energie-verbruik van die miljard mense in Afrika gelykstaande aan wat België aan sy 11 miljoen inwoners bied,” het Kim tydens ‘n toespraak oor die bank se stryd teen armoede gesê.

“Dis ‘n vorm van energie-apartheid wat ons moet aanspreek as ons ernstig daaroor is om die Afrikalande te help groei en om geleenthede vir alle Afrikane te skep.”

Kim het die kritiek gebruik om die bank se mees onlangse groot projek in Afrika te verklaar, ‘n skenking van $73 miljoen aan die Demokratiese Republiek van die Kongo om te help om ontwikkeling van die 4 800-megawatt- Inga 3-hidroelektrieseprojek te begin.

Die Inga-omgewing het die potensiaal om 40 gigawatt krag op te wek, het Kim verklaar, wat gelyk is aan die helfte van alle kragopwekkingskapasiteit wat tans in Afrika suid van die Sahara – meesal in Suid-Afrika – bestaan.

“Ons het dié krag in Afrika desperaat nodig,” het hy tydens ‘n toespraak aan die Amerikaanse Council on Foreign Relations gesê.

Volgens gegewens van die Wêreldbank, leef 1,2 miljard mense ter wêreld sonder elektrisiteit, met ‘n derde van hulle wat in vyf Asiese en Afrikalande saamgetrek is.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.