Wrede moord, verkragting op Stiglingh-egpaar

Deel op

plaasmoorde1Die oortreders in die moord en verkragting van die Stiglingh-egpaar net buite Ventersdorp verskyn tans in die rondgaande hof in Pretoria. Andries Mokataka, 23, en Solomon Mojaki, 22, pleit albei onskuldig.

‘n Genetikus van die polisie se forensiese laboratorium, Lorraine Harris-Barnes, het egter gister getuig dat DNS van Andries Mokataka op die onderklere en liggaam van mev. Corra Stiglingh gevind is. Die kanse dat dit nie sy DNS is nie, is naby aan nul, of een uit triljoene. Van die Stigling-egpaar se goedere is ook in die besit van die aanvallers gevind.

Johan, 67, en Corra Stiglingh, 65, is Sondagoggend omstreeks 9:00 op hul plaas Sterkstroom in die Ventersdorpdistrik op 17 Maart 2013 aangeval. Mnr. Johan Stiglingh is so erg buite die huis aangerand dat hy aan kopwonde beswyk het. Terwyl mev. Stiglingh deur een van die rowers vasgemaak, geblinddoek en verkrag is, kon sy haar man nog swaar hoor asemhaal. Toe sy egter loskom, het hy geen polsslag meer gehad nie. Sy is self ook erg geslaan sodat haar arm gebreek is.

Die tweede aanvaller, Mojaki, se DNS is insgelyks op ‘n tou gevind waarmee die twee mev. Corra Stiglingh tydens haar verkragting vasgebind het.

Tydens die verkragting is daar blykbaar “kru taal” teenoor mev. Stiglingh gebesig.

Geen van die Engelse media in Suid-Afrika berig tans oor die hofsaak nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.