ANC sê nee vir R1000 miljard rand uit vrees vir ‘te veel witmense’

Die Yellowstone-kaldera onder die Yellowstone-nasionale park. Die warmbronne in die gebied is te wyte aan die reuse- lewende vulkaan onder die oppervlak
Die Yellowstone-kaldera onder die Yellowstone-nasionale park. Die warmbronne in die gebied is te wyte aan die reuse- lewende vulkaan onder die oppervlak

Die ANC-regering het ‘n versoek van die VSA van die hand gewys om deel te wees van ‘n Amerikaanse rampbestuursplan waaruit Suid-Afrika $10 miljard per jaar (ongeveer R100 miljard) vir tien jaar sou ontvang. Luidens die plan sou tydelike huisvesting vir miljoene Amerikaners in Suid-Afrika gebou word ingeval die Yellowstone-supervulkaan in dié land een of ander tyd tot uitbarsting sou kom.

Lande wat wel aan die Amerikaanse noodlenigingsplan gaan deelneem, is Brasilië, Argentinië en Australië. Volgens ‘n woordvoerder van die departement van buitelandse sake, dr. Sipho Matwetwe, sal Suid-Afrika nie “deel van die plan wees nie omdat daar ‘n risiko bestaan dat miljoene wit Amerikaners in ‘n noodsituasie na die land gestuur kan word en dit kan ons nasionale kultuur en identiteit bedreig”.

Amerikaanse wetenskaplikes hou reeds jare lank die supervulkaan onder die Yellowstone-nasionale park in die VSA dop. ‘n Supervulkaan is honderd keer so kragtig soos ‘n gewone vulkaan en kan nie net miljoene mense laat omkom nie, maar ook ‘n hele beskawing uitdelg. Indien Yellowstone sou uitbars, sou die hele Noord-Amerika verwoes word en die aarde mag enkele jare lank in ‘n “vulkaniese winter” gedompel word.

Die laaste bekende supervulkaniese uitbarsting het blykbaar ongeveer 70 000 jaar gelede plaasgevind langs die Toba-meer in Soematra, Indonesië. Dit het ‘n vulkaniese winter veroorsaak wat ses tot agt jaar geduur het, asook ‘n tydvak van aardverkoeling ingelui wat ‘n duisend jaar geduur het.

‘n Onlangse wetenskaplike ontleding van die gesmelte rots onder die Yellowstone-nasionale park in die Verenigde State van Amerika het onthul dat ‘n uitbarsting sonder enige eksterne invloed moontlik is.

Wetenskaplikes het voorheen geglo dat vele supervulkaniese uitbarstings eers deur ‘n aardbewing ontketen moet word om die aarde se kors oop te breek vir die magma om te ontsnap. Maar nuwe navorsing toon dat dit spontaan as gevolg van ‘n toename in druk kan plaasvind.

Supervulkane verteenwoordig die tweede grootste gevaar vir lewe op aarde, ná ‘n botsing van die aarde met asteroïdes, en hulle was in die verlede verantwoordelik vir massa-uitsterwings van spesies op aarde, langtermynklimaatsveranderings en korter “vulkaniese winters” wat veroorsaak word as vulkaniese as die sonlig afkeer.

Amerikaanse wetenskaplikes het Suid-Afrika geïdentifiseer as ‘n gebied waar mense sou kon oorleef tydens die vulkaniese winter wat Yellowstone sou veroorsaak. Hoewel die Amerikaanse regering geensins paniek onder sy burgers wil veroorsaak nie, is op ‘n “gebeurlikheidsplan” besluit indien die ergste wel sou plaasvind en Yellowstone tot uitbarsting kom.

Die vulkaan word tans deurentyd deur seismograwe by 45 punte gemonitor en waarskynlike sou die VSA oor enkele weke of dae se waarskuwing beskik om groot getalle van sy burgers oorsee en veral na die suidelike halfrond te stuur.

Kunstenaarsvoorstelling van Yellowstone wat uitbars
Kunstenaarsvoorstelling van Yellowstone wat uitbars

Yellowstone in die deelstaat Wyoming het 600 000 jare gelede ‘n uitbarsting beleef en meer as 1000 kubieke kilometer as en lawa in die atmosfeer ingestuur – omtrent 100 keer meer as die Berg Pinatubo-uitbarsting in die Filipyne in 1982, wat ‘n merkbare tydvak van globale verkoeling meegebring het.

Hoewel die Suid-Afrikaanse ministeries van buitelandse sake, asook wetenskap en tegnologie, volledig oor die Amerikaanse plan ingelig is, tesame met die groot bedrae geld wat betaal sou word om tydelike huisvesting vir Amerikaners in die Karoo en in die Kalahari op te rig waar hulle sou kon oorleef, het die kabinet besluit om die Amerikaanse versoek van die hand te wys.

Die R100 miljard sou van 2014 af elke jaar vir tien jaar aan Suid-Afrika betaal word, waarna die plan hersien sou word.

Dit kan tot tien jaar neem vir druk om in die magmakamer van die supervulkaan op te bou. Volgens dr. Jean-Philippe Perrillat van die Nasionale Sentrum vir Wetenskaplike Navorsing in Grenoble, Frankryk, “is dit die verskil in digtheid tussen die gesmelte magma in die kaldera en die omliggende rots wat groot genoeg is om die magma vanuit die kamer na die oppervlak te laat styg”.

“Die uitwerking is dieselfde as die ekstra dryfvermoë van ‘n sokkerbal wat onderwater met lug gevul word, waarna dit na die oppervlak styg omdat die omringende water digter is,” sê dr. Perrillat. “As die volume magma groot genoeg is, behoort dit na die oppervlak te styg en te ontplof soos ‘n sjampanjebottel wat ontkurk word.”

Volgens dr. Sipho Mathetwe, het die Suid-Afrikaanse regering “simpatie vir die Amerikaanse uitdaging (challenge) met Yellowstone, maar ons het ons eie uitdagings in Suid-Afrika. Daar is 200 miljoen witmense in Amerika en as te veel van hulle Suid-Afrika toe vlug, kan dit ‘n groot probleem veroorsaak, selfs al is daar genoeg huisvesting en infrastruktuur beskikbaar. Dit sal die land destabiliseer en kan selfs apartheid laat terugkom. Suid-Afrika is nie te koop nie.”

Die Amerikaanse ambassadeur in Pretoria was nie vir kommentaar beskikbaar nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.