OB-skokverslag dalk binnekort oor Vrystaatse premier

Deel op
Ace Magashule
Ace Magashule

Die openbare beskermer (OB) gaan moontlik ‘n verdoemende verslag, Operasie Hlasela, oor die Vrystaatse premier, Ace Magashule, voor die verkiesing bekendstel.

Die verkiesing vind oor vyf weke plaas.

Ondersoeke na projekte waaronder die Vrede-suiwelprojek, die visprojek asook die ondersoek na die R40 miljoen-webwerf van die Vrystaatse provinsiale regering, is glo reeds in ’n gevorderde stadium.

Dit is egter nie seker wanneer dié verslae bekend gemaak gaan sal word nie, maar die OB het verklaar dat dit “eersdaags” mag wees.

Thuli Madonsela was die naweek in Bloemfontein ’n gasspreker by die kongres van die Regsvereniging van Suid-Afrika.

Sy het gesê die voorlopige verslag van Operasie Hlasela is reeds opgestel en kan dalk binne ’n maand afgehandel wees.

Sy wou nie sê wat die inhoud daarvan is nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.