
Die openbare beskermer (OB) gaan moontlik ‘n verdoemende verslag, Operasie Hlasela, oor die Vrystaatse premier, Ace Magashule, voor die verkiesing bekendstel.
Die verkiesing vind oor vyf weke plaas.
Ondersoeke na projekte waaronder die Vrede-suiwelprojek, die visprojek asook die ondersoek na die R40 miljoen-webwerf van die Vrystaatse provinsiale regering, is glo reeds in ’n gevorderde stadium.
Dit is egter nie seker wanneer dié verslae bekend gemaak gaan sal word nie, maar die OB het verklaar dat dit “eersdaags” mag wees.
Thuli Madonsela was die naweek in Bloemfontein ’n gasspreker by die kongres van die Regsvereniging van Suid-Afrika.
Sy het gesê die voorlopige verslag van Operasie Hlasela is reeds opgestel en kan dalk binne ’n maand afgehandel wees.
Sy wou nie sê wat die inhoud daarvan is nie.