Twee bejaardes wreed tereggestel in Smithfield, Ermelo

Deel op
ounooibadenhorst
Mev. Badenhorst

In afsonderlike voorvalle is twee bejaardes binne hul huise wreed vermoor in onderskeidelik Smithfield in die Vrystaat en Ermelo, Mpumalanga, vermoedelik deur swart aanvallers aangevuur deur openlike, staatsgedrewe etniese haat.

In Smithfield is Ounooi Badenhorst (77) in ‘n grusame teregstelling vermoor. Badenhorst is met ’n enkele skietwond in haar voorkop aangetref.

Dit wil voorkom of Badenhorst op ’n baie kort afstand geskiet is.

Sy was die vrou van ‘n voormalige burgemeester en voorsitter van die Smithfield-gemeenskapsforum.

Die aanvallers het toegang tot die huis verkry deur ’n gebreekte venster.

‘n Inwoner het onraad vermoed toe die buiteligte van die huis bly brand het en die polisie ontbied wat in die sitkamer op haar lyk afgekom het.

Daar word glo niks uit die huis vermis nie.

Die lyk van ’n 77-jarige man wat alleen op die plaas De Emigratie gewoon het, is in sy plaashuis naby Ermelo aangetref. Hy is glo met ‘n stomp voorwerp doodgeslaan.

Die man se naam nog nie bekend nie. Volgens ‘n polisiewoordvoerder het die plaasarbeiders ’n kennis gebel toe hy nie opdaag vir werk nie.

Die plaaseienaar het ’n week gelede ’n klag van huisbraak by die polisiekantoor aanhangig gemaak, maar dis nie seker of daar tans iets vermis word uit die huis nie.

Niemand is nog in verband met die moord aangekeer nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.