Section27 karring vir invloed oor skoolhandboeke

Mark Heywood
Mark Heywood

Die organisasie, Section 27, wat deur die buiteland befonds word en deur ‘n Brit, Mark Heywood, bestuur word, het die departement van basiese onderwys voor die hof gedaag.

Section 27 is tans besig met ‘n veldtog om steun te wen in die openbaar oor skoolhandboeke vir ‘n bedekte vyandige veldtog teen Afrikaanse skole.

Section 27 sal poog om invloed te bekom oor die lukratiewe kontrakte om handboeke aan skole in Limpopo te voorsien.

Die saak sal Dinsdag voor die Noord Gautengse hooggeregshof in Pretoria dien.

Section 27 verteenwoordig meer as 20 skole. ‘n Leraar aan die Universiteit van Limpopo, dr. Abbey Ngoepe sê die departement behoort nie deur die howe gedwing te word om sy mandaat uit te voer nie.

Die nuwe direkteur-generaal is Panyaza Lesufi, ‘n voormalige woordvoerder van die departement van basiese onderwys.

Lesufi is aangestel in die plek van Bobby Soobryan. Die onderwysersvakbond, Sadou hou Soobryan verantwoordelik vir die korrupsie en handboekfiasko in Limpopo.

Soobrayan is na ‘n ander pos in die departement geskuif.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.