Turkse premier wen verkiesing na smeerveldtog teen hom

Deel op
Premier Erdogan
Premier Erdogan

‘n Skadu het oor die Turkse politieke toneel neergedaal na die anonieme publikasie op YouTube, op 27 Maart van twee opnames van ‘n nasionale veiligheidsvergadering waarin die Turkse regering oorweeg om onder valse voorwendsels – ‘n sogenaamde ‘false flag’ – in ‘n oorlog teen Sirië gewikkel te raak.

Die Turkse eerste minister beskuldig sy voormalige bondgenoot en geestelike, Fethullah Gulen, daarvan dat hy ‘n smeerveldtog teen hom gelei het.

Premier Tayyip Erdogan het nietemin dié naweek as oorwinnaar uit die land se verkiesing getree.

Die verkiesing is ook beskou as ‘n referendum oor sy regering nadat hy van korrupsie beskuldig is.

Vroeë uitslae toon dat Erdogan se AK Party tussen 44 en 46 persent van die stemme gekry het, terwyl die opposisie tussen 23 en 28 stemme op hulle verenig het.

 Hy het sy oorwinning by die stembus bestempel as die aanbreek van die nuwe Turkye.

Op 24 Februarie is ‘n klankbaan gelek waarin die premier sy seun adviseer om 30 miljoen in kontant weg te steek voor die polisie dit kom soek in sy huis.

Ten spyte van ontkennings deur Erdogan het sy beeld as vroom en wetsgehoorsame man ‘n groot knou gekry.

Sy oorwinning oor Fethullah Gülen is slegs moontik gemaak deur die afdanking van duisende staatsamptenare wat hy daarvan beskuldig het dat hulle Gulen volg.

Hierdie bekendmaking ondermyn enige Turkse poging om verder in te meng in Sirië. Sedert die begin van die oorlog, het Ankara logistieke ondersteuning aan NAVO se rebelle gebied.

Vrae heers egter oor die argeologiese skatte in Aleppo waarvan talle ou Christelike stukke is, wat deur Turkye geplunder is.

Turkse betrokkenheid in die destabilisering van Sirië is te indringend om nog steeds ontken te word. Ankara ondersteun nie net ‘n politieke opposisie, maar Islamitiese huursoldate wat terrorisme beoefen.

Die land is diep verdeel in twee onverbiddelike kampe, en al het Erdogan die verkiesing gewen is die konflikpotensiaal verdiep deur sy hardhandige optrede teenoor opponente.

 

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.