SA steun boikot teen AU-EU-spitsberaad

Deel op

euSuid-Afrika ondersteun die oproep van die AU om die beraad in Brussel te boikot. Afrika-lande het die oproep om nie die geleentheid by te woon nie, gedoen.

Die land sê dit is onaanvaarbaar dat Europa besluit watter Afrika-leiers die EU-AU-beraad in Brussel vandeesweek mag bywoon en watter nie.

Eritrea is uitgesluit as gevolg van sy menseregte-rekord.

Die president van Soedan, Omar al-Bashir, wat deur die Weste van oorlogsmisdade beskuldig word, het na wat berig word nie ‘n uitnodiging ontvang nie, alhoewel sy land genooi is.

Daar is ook geen uitnodiging aan die Sahrawi Arabiese Demokratiese Republiek, ook bekend as die Westerse Sahara gerig nie.

Dié land word nie internasionaal as ‘n onafhanklike staat erken nie as gevolg van sy territoriale dispuut, maar as deel van Marokko. Marokko is nie lid van die AU nie.

Die presidentsvrou van Zimbabwe, Grace Mugabe is ook ‘n visum geweier, wat president Mugabe genoop het om vir die boikot te vra.

Afrika-lande is van mening dat die Europese Unie die samestelling van Afrika se afvaardiging dikteer.

Pretoria sou verteenwoordig word op ‘n ministeriële vlak.

Die Europese Unie-Afrika-spitsberaad is ‘n versameling van 90 lande van twee vastelande wat bygewoon sou word deur 65 staatshoofde en regeringsamptenare.

Op die agenda is handels- en politieke verhoudings.

Ontleders sê dat die vasteland moet oor sy eie afgevaardigdes besluit.

Die EU bevind hom in die middel van ‘n ander diplomatieke gekibbel weens ‘n omstrede ooreenkoms met die Oekraïne vir nouer ekonomiese samewerking om Rusland te straf na die suksesvolle referendum in die Krim.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.