Polisieman weier behandeling deur blanke dokter

Deel op

'n Polisie-inspekteur wat na bewering onder die invloed van alkohol met 'n halfkaal vrou in sy motor bestuur het, het behandeling deur 'n blanke dokter geweier toe hy 'n ongeluk maak.

Deel op

Die ongeluk het omtrent 30 km buite Kimberley op die N12 gebeur. Volgens Dan Morena, die hoof van die Onafhanklikeklagtedirektoraat in die Noordkaap, is 'n klag van dronk, roekelose en nalatige bestuur teen die inspekteur gelê.

Die polisie-inspekteur is na 'n Medi-Clinic geneem waar hy op die personeel gevloek het, 'n bloedtoets geweier het en ook die hospitaalpersoneel daarvan beskuldig het dat hulle rassisties is. Hy het verseg om behandeling van die suster by die noodeenheid te ontvang en gesê hy wil nie deur 'n wit dokter behandel word nie.

Blykbaar het die inspekteur ook nie toestemming gehad om met die voertuig te ry waarin hy 'n eers 'n vrou sonder broek opgelaai en agterna 'n ongeluk mee gemaak het nie.

виза в хорватию для белорусовФільчаков Олександр Васильович

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.