Wit Afrikaner wen mej Suid-Afrika

Rolene Strauss
Rolene Strauss

Bloemfonteiner, Rolene Strauss is by die Sun City Superbowl as Mejuffrou Suid-Afrika vir 2014 gekroon.

Dit volg nadat die 12 finaliste aan die “Pad na Mejuffrou Suid-Afrika”-werklikheidsreeks deelgeneem het.

Die naaswenners is twee swartes, een van die Oos-Kaap, en die ander van Limpopo.

Strauss is ‘n mediese student van die Universiteit van die Vrystaat. Sy het ‘n platinumkroon asook ‘n pryspakket van R1,3 miljoen rand.

Een van die hoofborge van die kompetisie is CellC.

In haar aanvaardingstoespraak het Strauss gesê sy sal op gesondheidskwessies fokus en bygevoeg: “Ons is in staat van soveel meer wanneer ons gesond is, fisies, verstandelik en emosioneel.”

 

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.