Mbeki se voedselplan nie goed ontvang

Deel op

Image

Thabo Mbeki

President Thabo Mbeki se aankondiging van 'n nasionale voedselbeheeragentskap is nie goed ontvang deur landbou-organisasies nie.

Deel op

Die Landbousakekamer sê indien die regering sou probeer om pryse te beheer, sal die markte verwring word. Dit sal voedselproduksie belemmer.

Die uitvoerende hoof van die organisasie, doktor John Purchase, sê die regering moet meer besonderhede oor die beoogde agentskap gee.

Daar is ook besorgdheid oor die departement van landbou se onvermoë om sy begroting te spandeer.

Die geld is geoormerk om produktiwiteit op plase te verhoog, ontluikende boere op te lei en om winste in die landbousektor in Suid-Afrika te verhoog.

Gedurende die laaste veertien jaar het amper helfte van die kommersiële boere in Suid-Afrika hulle bedrywighede gestaak.

шорты для девочкиФільчаков Олександр Васильович

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.