Ekonomiese vooruitsigte vir Suid-Afrika, die regte gesprek

mexicoflagDeur Johann Theron.

Heelwat gesprekke rondom ekonomie word in Suid-Afrika gevoer. Mens kan amper sê dis ’n soort sport. Neem nou die ekonome wat jaarliks die mees akkuraate voorspellings maak vir die Suid-Afrikaanse ekonomie.

Daar is nooit een ekonoom wat homself regtig onderskei van die ander nie, alhoewel daar baie interessante ekonome is en hulle meesleurende toesprake kan lewer.

Na die ressesie het IHS Global se Europese ekonoom ’n toespraak gelewer oor ’n twee-spoed wêreld waar die ontwikkelde lande ekonomies stadig is en ontwikkellende lande ekonomies vinnig groei. Maar nie al die ontwikkelende lande kry dit reg om vinnig te groei nie. Meksiko en Suid-Afrika is twee sulke gevalle.

Vandeesweek het McKinsey se Globale Instituut ’n verslag oor Meksiko bekendgestel waarin hulle verwys na ’n twee-spoed Mexico.

Die vinnige Meksiko is die groot belangegroepe soos industrieë en buitelandse beleggers, terwyl die stadige Meksiko die tradisionele groep bevat. Hierdie twee-spoed interne ekonomie affekteer die groeikoers van Meksiko in die sin dat hulle sedert 1981 nooit ’n gemiddelde groeikoers van beter as 2.3% per jaar kon behaal nie. Dit beteken dat in 30 jaar van ’n moderne “oop ekonomie” was basies geen vordering sigbaar nie. Dit klink mos amper soos Suid-Afrika?

Dit is al bekend dat Suid-Afrika se Luthuli-huis produktiwiteit ignoreer en dit lyk of produktiwiteit in Meksiko ook ’n probleem is. Volgens McKinsey het produktiwiteit in die industriële kompleks gegroei teen 5.8% terwyl dit in die tradisionele groep gedaal het met 6.5%. Algemene groei word dus gekanselleer.

Die ooreenkoms tussen Meksiko Suid-Afrika is dat werknemers in die tradisionele groep verhoog (amper soos kader-ontplooiing in Suid-Afrika). Die verskil by ons is dat kaders slegs “goeie” en hoogbetaalde werk kry en die gemene grond in Suid-Afrika is dat kader-ontplooiing produktiwiteit nie verhoog nie.

Net soos in Suid-Afrika sê die Sentralebank dat die groeikoers “volgende jaar” 3.5% sal wees terwyl onafhanklike ekonome reeds argumenteer vir ’n 2% koers vir 2014. Dit is natuurlik geen verassing dat die IMF Meksiko se bankwese wil uitbrei nie. In Suid-Afrika is ons klaar daar en kan ons reeds bewys dat meer banke – al is dit die mees kreatiewe bank ter wêreld – niks help nie.

Waarnatoe nou?

McKinsey se aanbeveling om die 3.5% te haal, is onder andere om die tradisionele groep meer “formeel” te maak sodat meer belasting ingevorder kan word. Suid-Afrika kan reeds getuig dat ’n goeie belastinggaarder wel meer belasting invorder, maar dit help ook nie vir produktiwiteit of groeikoers nie.

Wat nou gemaak? Moet ons ander ekonome kry?

Een goeie voorstel is dat ’n vars, altruistiese politieke benadering nodig is en dat hierdie realistiese benadering mededingendheid as die eerste prioriteit moet stel, met inbegrip van die probleme wat Suid-Afrika met sy hulp-bronne het.

Want dit is juis hierdie probleem wat die bestaande bestel (in SA sowel as Meksiko), nie verstaan nie. Soos ons bekende ekonome reeds weet, is mededingendheid ’n “maklike” probleem en sal hulle voorspellings soveel meer raak en in die kol lyk.

Die alternatiewe ekonomiese uitsig vir Suid-Afrika is dat sy ekonomie op 20% van sy historiese maksima sal funksioneer, of swakker. Hier is dit dus werklik ’n geval van jou stem raak jou saak.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.