Tweede swart aanvaller skuldig bevind aan moord op boer

Deel op

plaasmoordeʼn Tweede swart verdagte is in die hooggeregshof in Pietermaritzburg skuldig bevind aan die moord op Micky Hampson (68).

Jabulani Ngobese (28) is ook skuldig bevind aan poging tot moord op Hampson se seun, Murray (34).

Ngobese het onskuldig gepleit op die aanklagte teen hom.

Sy medebeskuldigde Siboniso Mtolo (25) is vroeër die maand tot lewenslange tronkstraf gevonnis nadat hy skuld erken het.

Hampson, van die plaas Eston naby Illovo in KwaZulu-Natal, en sy seun is op 27 September 2013 deur twee verdagtes aangeval terwyl hulle in Hampson se bakkie gery het. Hampson is geskiet en is op slag dood.

Die swart aanvallers het Hampson glo met sy eie haelgeweer doodgeskiet voordat hulle daarmee gevlug het.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.