
Die voormalige minister van kommunikasie, Dina Pule, het die ANC se benoeming vir die party se parlementêre kandidatelys van die hand gewys.
“Ek het lank nagedink oor wat ek met die res van my lewe moet doen en alhoewel ek ʼn lojale en toegewyde ANC-lid bly, is dit in my beste belang en in die van my kinders en familie dat ek van die ANC-lys onttrek,” het Pule in ʼn verklaring gesê.
Pule is verlede jaar as minister afgedank nadat ʼn verslag deur Thuli Madonsela, openbare beskermer, haar betrek het by aanklagte van korrupsie en ʼn moontlike botsing van belange. Madonsela se ondersoek het gehandel oor Pule se aanstelling van diensverskaffers vir ʼn indaba wat in Kaapstad gehou is. Madonsela het bevind dat Pule haar kêrel, Phosane Mngqibisa, ingestop het.
Pule was nommer 70 op die ANC se lys van parlementêre kandidate, en dus van ‘n plek in die Nasionale Vergadering verseker.