Onderhandelinge in Zimbabwe val vas

Deel op

Image

Morgan Tsvangirai

Onderhandelinge tussen die hoofpartye in Zimbabwe het vasgeval.

Deel op

'n Amptenaar van die MDC sê die onderhandelinge het 'n dooiepunt bereik en kan nie vorentoe gaan nie.

Hy sê Zanu-PF-onderhandelaars het dit duidelik gemaak dat hulle net gemagtig is om die adjunk-presidentskap en niks anders nie te bespreek.

Die MDC hulle is nie gewillig om die adjunk-presidentskap vir hulle leier, Morgan Tsvangirai, te aanvaar nie.

Die party hou vol dat Tsvangirai die verkiesings in Maart gewen het en dat hy die regmatige president van Zimbabwe is.

Zanu-PF-onderhandelaars, daarenteen, sê die gesprekke kan slegs voortgaan indien die MDC erken dat Robert Mugabe die uitkloppresidentsverkiesing in Junie gewen het.

20 noДанильченко Юрий Брониславович Харьков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.