Vavi veg voort teen skorsing

Deel op
Karel Tip
Karel Tip

Betoë sal Vrydag in die Suid-Gautengse hooggeregshof in Johannesburg in die saak tussen Cosatu en sy geskorste hoofsekretaris Zwelinzima Vavi voortgesit word.

Vavi is verlede jaar geskors na hy erken het dat hy ‘n buite-egtelike verhouding met ‘n kollega gehad het.

Vavi is eers van verkragting van ‘n vroulike werknemer beskuldig. Hy het dit ontken en gesê dit was in ‘n seksuele verhouding met haar instemming.

Die vrou het later haar klagte wat sy by Cosatu gelê het, teruggetrek en sy het nooit ‘n klag by die polisie gelê nie.

Ten spyte daarvan is Vavi sedertdien geskors uit sy posisie by Cosatu .

Samwu het vroeër gesê die skorsing is ‘n heksejag teen die sekretaris-generaal.

Cosatu moet verenig om op te staan ​​teen die Nasionale Ontwikkelingsplan, het Samwu gesê.

Vavi was uitgesproke in sy kritiek teen die plan .

Vavi het die hof intussen genader om die vakbondfederasie te dwing om die skorsing en alle besluite wat geneem is by die vergadering van die sentrale uitvoerende komitee in Augustus, ter syde te stel.

Vavi wil hê ‘n spesiale vergadering van die sentrale uitvoerende komitee moet oor die kwessie besluit.

Cosatu se regsverteenwoordiger, advokaat Karel Tip sal vandag aanvoer dat al die vereiste prosedures gevolg is voor Vavi geskors is en dat die hof nie jurisdiksie het oor Cosatu se interne sake nie.

Hy sal ook aanvoer dat Vavi hom moet onderwerp aan die interne tugprosedures van Cosatu.

Tip is sedert die tagtigerjare direk uit Londen befonds om sake namens die ANC te behartig.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.