Zuma loods Fase II van Britse Bantoestan-waterskema

Deel op

zumadamDie Lesotho Hooglandwaterprojek ( LHWP ) is ‘n “wen-wen meganisme” vir daardie land en Suid-Afrika, het president Jacob Zuma Donderdag gesê.

Hy het in Maseru amptelik die tweede fase van die R15.4 miljard LHWP geloods, en gesê dat dit aan Suid-Afrika broodnodige water verskaf, en aan Lesotho infrastruktuur en hidro-elektriese krag.

Lesotho is ‘n Sotho-tuisland wat wêreldwyd erkenning as ‘n onafhanklike staat geniet, ‘n monument aan Britse apartheid net soos die onafhanklike koninkryk van Swaziland wat ‘n Swazi-tuisland verteenwoordig.

Brittanje was egter deurentyd fel gekant teen die uitbreiding van apartheid vir Xhosas en Zoeloes.

Deur ‘n swart meerderheidsregering van Xhosas of Zoeloes in die res van Suid-Afrika teweeg te bring kon Brittanje daarin slaag om Afrikanerinvloed heeltemal te neutraliseer.

Brittanje het ook toegesien dat Zimbabwe onder Robert Mugabe ‘n onafhanklike Sjona-tuisland word sodat Ngunisprekers na Suid-Afrika stroom.

Botswana is ‘n onafhanklike Tswana-tuisland onder Britse invloed.

Lesotho, Swaziland, Zimbabwe en Botswana is ekonomies van Suid-Afrika afhanklik. Lesotho sal egter deur die waterskema inkomste uit tantieme verdien.

Fase II van die projek behels die konstruksie van die reuse Polihalidam, ‘n tonnel wat die water dra, ‘n pompopgaarskema en ander verwante infrastruktuur. Die datum van voltooiing is 2020.

Die dam van 2,2 miljard kubieke meter kapasiteit word in Lesotho se Mokhotlongdistrik gebou.

Zuma het gesê die aanvang van die projek se tweede fase is ‘n “onvergeetlike gebeurtenis” in die groeiende bilaterale samewerking tussen Suid-Afrika en Lesotho.

“Ons twee regerings moet nou verseker dat hierdie projek geïmplementeer word sonder enige verdere vertraging,” het Zuma gesê.

By voltooiing sal Fase II ‘n bykomende 15 kubieke meter water per sekonde aan Suid-Afrika se dorstige industriële hartland, Gauteng, lewer.

Waterkenners het gewaarsku dat tot en met die projek se voltooiing in 2020, die streek kwesbaar vir droogte, bly, en die landbou- en industriële produksie in gevaar stel.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.