Rentekoerse dalk onveranderd uit vrees vir vakbonde

Deel op

reserwebankDie Reserwebank sal na verwagting rentekoerse dieselfde hou op Donderdag se beleidsvergadering van die monetêre komitee.

Volgens Reuters meen verskeie ekonome dat die stygings dalk later vanjaar aangekondig mag word aangesien inflasiedruk kommerwekkend is.

Hulle meen ‘n verhoging in rentekoerse voor die verkiesing sal invloedryke vakbondvennote van die ANC vervreem en die drieparty-alliansie daardeur verswak.

Die algemene verkiesing vind op 7 Mei plaas.

Die Reserwebank het vroeër die maand stappe gedoen om markverwagtinge van skerp rentekoersverhogings te bestuur na ‘n verhoging in Januarie, en gesê hy sal die beleid stadiger verskerp om die druk op die wankelende ekonomie te verlig.

Drie-en-twintig van die 30 ekonome verwag dat die Reserwebank sy repokoers op 5,5 persent sal laat.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.