Amcu-optog ontwrig verkeer in Johannesburg

Deel op

amcu2Die metropolisie het motoriste Donderdag aangeraai om Oxfordweg in Rosebank, Johannesburg as alternatief te gebruik.

Verkeer in Rosebank en Illovo gaan vanoggend ontwrig word wanneer lede van die vakbond Amcu byeenkom om ‘n optog te hou na die mynhoofkantoor.

Die Amcu-staking in die platinumbedryf duur reeds twee maande en het die myne al miljarde aan verlore inkomste gekos. Die platinumvoorraad is ook besig om te krimp en tekorte word binnekort gevrees.

Die metropolisie se hoof-superintendent Wayne Minnaar sê die optog sal om aanstons begin op die hoek van Hume- en Northumberlandstraat in Dunkeld-wes.

Die beplande optog afbeweeg in Jan Smutslaan tot in Bompasweg en sal na middagete in Frickerweg eindig.

‘n Griefskrif sal in Frickerweg by die kantore van Impala Platinum oorhandig word.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.