Grace moet saam of Zim boikot EU-beraad

Deel op
Grace en een van die Britse Bantoestanleier van Swaziland se vele vroue
Grace en een van die Britse Bantoestanleier van Swaziland se vele vroue kuier saam

Die Zimbabwiese regering eis dat ‘n visum aan president Robert Mugabe se vrou, Grace, toegestaan word om na België te reis.

Zimbabwe dreig om aanstaande week se beraad in Brussel tussen die Europese Unie en die Afrika Unie te boikot indien ‘n visum nie aan die president se vrou uitgereik word om hom te vergesel nie.

Alhoewel die EU verlede maand die meeste van die sanksies teen Zimbabwe opgehef het, is dié teen Mugabe behou.

Die presidentsegpaar het voorheen ook albei onder ‘n reisverbod verkeer wat in 2002 deur die EU ingestel is.

Die reisverbod het gevolg ná klopjagte op MDC-opposisielede en die onwettige afsetting van wit boere van hul eiendom af.

Die EU het die visumverbod op Mugabe opgehef nadat hy as onder-voorsitter van die Afrika Unie verkies is.

 

 

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.