Operasie red Derby-Lewis se lewe na tweede aanval

Deel op
Kgosi Mampuru-gevangenis
Kgosi Mampuru-gevangenis

Clive Derby-Lewis het ʼn operasie ondergaan wat sy lewe gered het, nadat hy vir ʼn tweede keer in die Kgosi Mampuru-Sentraal-gevangenis aangeval is, volgens sy regsverteenwoordiger Marius Coertze.

Die departement van korrektiewe dienste (DKD) het Coertze se verklaring ontken en gesê Derby-Lewis (78) was slegs hospitaal toe vir ʼn “roetine besoek”.

Die DKD sê die gevangene is se hospitaalbesoek hou nie verband met die aanval nie.

Volgens Coertze is Derby-Lewis Dinsdag na die teater gehaas nadat hy Sondag met ʼn stuk glas in die rug gesteek is.

“Die hospitaal het Dinsdag kort na middernag vir dr. Durand geskakel en hom versoek om na die hospitaal te kom. Dr. Durand het met sy aankoms hom [Derby-Lewis] ondersoek en gevind dat die steekwond wat hy Sondag in die tronk opgedoen het, sy long gepenetreer het. Mnr. Derby-Lewis het in sy eie bloed verstik en het dringende mediese bystand nodig gehad.”

Coertze sê Derby-Lewis sou die aanval nie oorleef het sonder die nodige mediese ingryping nie.

Beamptes het Sondag slegs die wond met steke toegewerk en die gevangene teruggestuur na sy sel sonder ‘n mediese ondersoek.

Coertze sê dit is baie duidelik dat die DKD ongeërg is oor Derby-Lewis se welstand. “Hy is in die tronk gehou sonder die nodige mediese sorg en kon maklik deur die nag gesterf het.”

Die DKD sê hulle dra geen kennis van die operasie wat Derby-Lewis ondergaan het nie. “Sover ons weet het sy tyd in die hospitaal niks te doen gehad het met die aanval nie,” het Logan Maistry, woordvoerder van die DKD, gesê.

“Dit was ʼn beplande besoek wat al ʼn ruk terug geskeduleer is.” Maistry sê Derby-Lewis het die “beste moontlike mediese sorg ontvang” na die aanval.

Maistry het bevestig dat die polisie ʼn strafregtelike saak in verband met die aanval ondersoek.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.