Egpaar oorleef jongste plaasaanval

Deel op

ixopoDave en Cheryl Biggs het die jongste plaasaanval in Ixopo, KwaZulu-Natal, oorleef. Hul dogter Liane Ashton meen dit is omdat hulle onderdanig en gehoorsaam was tydens die aanval dat hul lewens gespaar gebly het,

Die egpaar is op 21 Maart op hul plaas, Kings Grant, deur vier gewapende swartes aangeval in hul huis terwyl hulle televisie gekyk het.

Die swart aanvallers het die deur oopgebreek om toegang tot die plaashuis te verkry.

‘n Woordvoerder van die polisie in KwaZulu-Natal, sê die aanvallers het die egpaar met ‘n vuurwapen afgedreig om die kluissleutels te oorhandig. Hulle het met die egpaar se voertuig en vuurwapens gevlug.

Cheryl Biggs is aangerand en beseer in die aanval. Die gesteelde voertuig is later verlate in die Bulwer-gebied gevind.

Die polisie-ondersoek duur voort.

 

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.