Oproeriges vas by Brits, polisie skiet kind by Tzaneen

Deel op

burningtyresDie polisie in Noordwes, het Dinsdag vyf verdagtes in hegtenis geneem by Brits, in Majakaneng Village naby Mooinooi vir brandstigting, kwaadwillige beskadiging van eiendom, intimidasie, aanranding en openbare geweld.

Die inhegtenisneming volg na ‘n intensiewe ondersoek oor gevalle wat gedurende Majakaneng-oproer op 27 en 28 Februarie 2014 geregistreer is.

Van die vyf verdagtes, staar een ‘n aanklag van openbare geweld in die gesig, nog een brandstigting, terwyl die ander drie ​​tereg staan op aanklagte van brandstigting, kwaadwillige beskadiging van eiendom, intimidasie, aanranding.

Die verdagtes se ouderdomme wissel van tussen 23 en 28. Hulle sal almal Woensdag in Brits-landdroshof verskyn. Ondersoeke rakende die saak duur voort.

Intussen is ‘n sewejarige swart meisie na bewering deur die polisie geskiet en beseer in oproer by Lorraine buite Tzaneen in Limpopo.

Dit volg nadat inwoners Sekororo paaie met klippe, brandende bande en ander voorwerpe versper het.

Die inwoners betoog oor ‘n beplande winkelsentrum in die gebied. Verskeie mense is reeds vir openbare geweld in hegtenis geneem.

Die kind is met ‘n kopbesering in die hospitaal opgeneem, maar is glo in ‘n bevredigende toestand.

Paaie na 25 dorpies in die gebied is steeds versper.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.