SANW in ‘kritieke verval’

Deel op
sandf
‘n Kritieke gebrek aan modernisering

Suid-Afrika se gewapende magte is volgens ‘n militêre strategie-oorsig in kritieke verval wat minstens ‘n dekade nodig sal hê om omgekeer te word.

Volgens Reuters kan die agteruitgang in die land se verdedigingsvermoë ‘n invloed hê op alles van grensveiligheid tot handel- en vredessendings op die vasteland.

Dit kan ook beteken dat binnelandse veiligheid nie verseker is nie, maar die verslag is onheilspellend stil daaroor.

Suid-Afrika het op die oomblik soldate in die Demokratiese Republiek van die Kongo en Soedan, en sy skepe ondersteun anti-seerowerpogings naby die kus van Mosambiek.

In die Suid-Afrikaanse Verdedigingsoorsig van 2014 word gesê sulke ontplooiings word ook bedreig.

Volgens die verslag is daar ‘n gebrek aan behoorlike ammunisie, verouderde militêre vragvliegtuie en uitgediende toerusting soos vragmotors.

In die verslag word ook daarop gewys dat die gebrek aan fondse die modernisering van ‘n gewapende mag van 97.000 lede terughou.

Sonder meer geld, kan Pretoria se diplomatieke en kommersiële uitbreiding in Afrika misluk, waar die ou koloniale magte soos Frankryk, en ‘n nuwe een soos China teenwoordig is.

“Daar moet óf ‘n groter begrotingstoewysing of ‘n aansienlik afgeskaalde vlak van ambisie en toewyding wees,” lui die verslag.

Massiewe beleggings in swaar wapenvermoë, asook die handhawing van vrede in hoë-risiko situasies moet oorweeg word.

Kenners het gesê dit beteken Suid-Afrika se aanvalshelikopters en tenks moet aandag geniet.

Dit kan die militêre begroting na R74 miljard in 2030 van sowat R40 miljard in 2013 byna laat verdubbel.

Dit is gelykstaande aan sowat 1% van die BBP , ‘n verhouding ver onder ander ontwikkelde en ontwikkelende lande.

Militêre veiligheid benodig volgens die verslag die jaarlikse befondsing van R116 miljard of 3,3 % van die bruto binnelandse produk.

Onder apartheid was Suid-Afrika het een van die mees gevreesde gewapende magte op die vasteland, maar die hele militêre kompleks het intussen in duie gestort na ‘n doelbewuste gesamentlike poging van die NP en ANC om dit tot niet te maak.

Die ontplooiing van die Suid-Afrikaanse Weermag wat aan anti-seerowery-operasies naby die kus van Oos-Afrika deelneem, is intussen vir nog ‘n jaar verleng.

Altesaam 220 lede van die Weermag is aktief in die Mosambiekse en Tanzaniese gebiedswaters.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.