Tablet teen R500 vir nuwe praag-lede?

Die Prestigio 3670B, in wit of swart beskikbaar
Die Prestigio 3670B, in wit of swart beskikbaar

Ons wil graag die volgende idee op lesers toets. Ons oorweeg dit tans om ‘n seweduim-tablet met koordlose toegang (maar sonder ‘n simkaart en 3G) aan nuwe praag-lede beskikbaar te maak teen ‘n eenmalige bedrag van R500. Dit sal enigeen in staat stel om eboeke na hartelus te lees, maar ook om met ‘n koordlose verbinding tuis of in ‘n kafee of elders op die internet te seil, epos te lees, Facebook en Twitter te volg, ens.

Die tablet is ‘n Prestigio met Android 4.2 (Jellybean).

Hoe klink dit? Ons meen dat die digitale revolusie in Afrikaans net hierby kan baat, met Gustav Venter se boeke wat daarop gelees kan word, asook van ons ander eboeke, tesame met ‘n magdom ander eboeke in ander tale.

Leserskommentaar sal verwelkom word.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.