‘Roei 8 miljoen Russe met kernwapens uit’

Deel op
Julia Tiemoesjenkoe
Julia Tiemoesjenkoe wil Russe met kernwapens uitroei

Nadat die oproep tussen die Amerikaanse assistent-sekretaris van buitelandse aangeleenthede, Victoria Nuland en die Amerikaanse gesant na die Oekraïne, Geoffrey Pyatt, uitgelek het waarin Nuland sê “F*k die EU”, is ‘n nuwe opspraakwekkende telefoongesprek na die media gelek.

Dié gesprek bevestig weer opnuut dat dit die VSA was wat die toutjies getrek het om die verkose regering in ‘n gewelddadige staatsgreep omver te werp en van die Oekraïne se president Janoekowietsj ontslae te raak.

Die nuutste telefoongesprek, hierdie keer tussen die parlementariër Nestor Shufrych en voormalige premier en ideologiese leier van die Oekraïne se “Oranjerevolusie” Julia Tiemoesjenkoe, is nie alleen onthullend nie, maar ontstellend.

Die mees waarskynlike toekomstige president van die Wes-Oekraïne, Tiemoesjenkoe, maak allerlei nuwe dreigemente teenoor etniese Russe, waaronder ook om 8 miljoen met kernwapens uit te wis.

Nadat die parlementariër haar tydens die gesprek bekommerd vra: “Wat moet ons nou doen met die 8 miljoen Russe wat in die Oekraïne oorgebly het? Hulle is uitgeworpenes…”, antwoord sy kil en saaklik, blykbaar onbewus dat dit ‘n retoriese vraag was.

“Hulle moet doodgemaak word met kernwapens,” sê Tiemoesjenkoe doodluiters. Die rolstoelgekluisterde Tiemoesjenkoe wat gemaklik rondloop as sy nie voor ‘n skare verskyn nie, braak dan verder gal oor ‘n verskroeide aarde-beleid wat sy “namens die hele wêreld met haar kontakte” teen Rusland wil voer en die eks-president met ‘n “masjiengeweer in sy kop skiet”.

Dit is die duidelik namens wie sy die Russe wil uitwis nie, aangesien die Neo-Cons se oorlogsugtige beleid baie ongewild is by gewone Amerikaners wat die Obama-administrasie van “red-baiting” [alarmisme oor die Rooi Gevaar] en opportunistiese McCarthyisme verdink.

Dit is dus duidelik dat die Russe in Oos-Oekraïne nie ‘n kat se kans staan teen die Amerikaanse invallers en hul plaaslike handpoppe nie.

Dié gesprek gee president Poetin die voordeel dat hy wel die onafhanklikheid van die Krim ter beskerming van etniese Russe oorweeg het, presies soos hy gesê het.

Die Oekraïne se sogenaamde “regering”, ‘n stel marionette wat Washington aangewys het, voel niks vir etniese minderhede in die ooste nie en dit is duidelik dat hulle dink dié mense verdien nie om beskerm te word nie, maar verkieslik uitgewis moet word.

Tiemoesjenkoe het tronkstraf uitgedien vir korrupsie nadat sy ‘n gasvoorsieningsooreenkoms onregmatig geteken het wat die land se gasvoorsiener Naftogaz $170 miljoen dollar gekos het.

Aan die stuur van die “Oranjerewolusie” wat Tiemoesjenkoe gelei het, het die land verder agteruitgegaan en dieper in korrupsie verval. Sy het as premier tussen 2007-2010 gedien.

Goldman Sachs, wat namens die Neo-Cons in die VSA die druk op Rusland probeer verhoog, het “voorspel” dat die kapitale uitvloei vanjaar 130 miljard dollar kan haal.  Die aksepbank het intussen hulle kliënte met ywer bearbei om hul beleggings uit Rusland te onttrek.

Volgend Goldman Sachs sal Rusland in ‘n resessie verval as hulle hul beleggers oorreed om hulle geld aan die land onttrek, met groei wat waarskynlik gaan verlangsaam namate die kapitale uitvloei die $100 miljard bereik.

Rusland se grootste bank, Sberbank, sê kapitaal het uit die land gevloei en aandele en die roebel het gedaal nadat die Krimgebied oorweldigend gestem het om van die Oekraïene af te stig.

Sberbank sê die situasie het ‘n negatiewe uitwerking op die wêreldwye ekonomie.

Ontleders sê die stappe wat Rusland gedoen het om te keer dat die roebel nog verder daal deur rentekoerse te verhoog, kan die land in ‘n resessie dompel.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.