Paaie in Wes-Kaap gesluit weens oproer

Deel op

burningtyresVerskeie paaie by Joe Slovopark by Milnerton in die Wes-Kaap is gesluit weens oproermakers wat motoriste bedreig.

Die paaie in Bosmansdam- en, Daniëlweg sowel as Racecourse- en Printersweg is ook toe vir verkeer.

Die Kaapstadse verkeersowerheid sê oproeriges het bande aan die brand gesteek en inwoners stort vullis op die paaie om dit onbegaanbaar te maak.

Die polisie en die verkeersowerheid is in die gebied ontplooi.

Maandag is die N2 tussen Somerset-Wes en die Kaapstadse Internasionale Lughawe deur oproeriges geteiken.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.