Samwu eis dat Noordwes-munisipaliteite ontbind

Deel op

samwuDie munisipale werkersunie, Samwu, in die provinsie het ‘n beroep op die Noordwes-regering gedoen om die Grondwet toe te pas en sukkelende munisipaliteite te ontbind.

Druk neem toe om verskeie munisipaliteite in Noordwes te ontbind voor die verkiesing op 7 Mei.

Die vakbond sê slegs sewe van die 23 munisipaliteite is solvent en ‘n plaaslike regeringsberaad moet dringend belê moet word om oor die nodige stappe te besluit.

‘n Woordvoerder van Samwu sê 90 persent van die munisipaliteite in die provinsie maak op die Nasionale Tesourie staat vir inkomste en toelaes.

Hy sê die meeste munisipaliteite het in die laaste oudit nie skoon oudits gekry nie.

Samwu het ook vroeër gevra dat die Cosatu-leierskap moet bedank of hulle moet ‘n spesiale nasionale kongres voor of op die einde van April 2014 belê, Luidens die unie se sekretaris Lekoba Modimoeng.

Hy het gesê die unie sal sy lede mobiliseer al Cosatu se aktiwiteite te boikot en alle verbintenisse te beëindig.

Die provinsiale Samwu eis dat Cosatu se leiers bedank omdat hulle lidmaatskap daarvan misluk het.

Modimoeng het gesê Cosatu is nie meer so sterk na die skorsing van sekretaris-generaal Zwelinzima Vavi nie.

Samwu het ook gekla dat Cosatu geld mors op regskoste teen Vavi en die geld kon beter aangewend gewees het om werkers teen werkgewers te beskerm, sê die unie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.