Seta se verkwisting ondersoek

Deel op
Mike Tsotetsi
Mike Tsotetsi glimlag breed

‘n Interne konsepouditverslag oor die Seta vir kuns en kultuur, het wenkbroue laat lig oor verkwisting, het City Press berig.

Mike Tsotetsi, uitvoerende hoof van Theta, het via ʼn e-pos aan die koerant gesê dat die verslag nog nie aan die Seta se raad oorhandig is nie.

“So ver dit die raad betref is Grant Thornton steeds besig met die ondersoek en gee die raad sy volle samewerking.”

In die konsepverslag is R10 miljoen vir ʼn ongespesifiseerde Afrika-sokkernasiebekerprojek toegewys.

Die geld is vir die sektorale opleidingsowerheid van die toerismebedryf (Theta) beskikbaar gestel, maar daar kon intussen nie vasgestel word waar presies die geld heen verdwyn het nie.

Die koerant berig ook dat die konsepverslag deur Grant Thornton ʼn voormalige werknemer die Seta uitsonder wat ʼn skooltoer na Italië vir “drie benadeelde kinders” sou organiseer.

Een van die skoolkinders is ‘n voormalige werknemer se kind. Die borgskap is deur Tsotetsi self afgeteken.

Die verslag maak ook melding van ʼn werknemer wat van ‘n sekretaresse tot ʼn bestuurder bevorder is met die hulp van iemand anders se CV.

Die sekretaresse het glo die naam bo aan die CV verander en dit as haar eie ingedien.

 

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.