De Hoopdam vandag amptelik geopen

Deel op
De Hoopdam
De Hoopdam

Die De Hoopdam, wat die dertiende grootste dam in die land sal wees, sal na verwagting ‘n 347 miljoen kubieke meter reservoirkapasiteit hê.

President Jacob Zuma sal vandag die multi-miljoen-randse dam in Limpopo open.

Dit het vyf jaar geduur om die dam te bou. Die minister van Waterwese, Edna Molewa en die premier van Limpopo, Stanley Mathabatha sal Zuma vergesel.

Die dam sal ook water verskaf aan myne in die Burgersfort-omgewing.

Dié dam is die hart van die regering se projek om die Olifantsrivier wat deur Limpopo en Mpumalanga vloei, te ontwikkel om water aan verbruikers te bring, het die Departement van Waterwese gesê.

Die dam is geleë naby Steelpoort in Limpopo se Sekhukhune-distrik, in die noord-oostelike deel van die Bosveld-kompleks, ‘n geologiese gebied wat die grootste reserwes van die platinumgroepmetale in die wêreld bevat.

Die dam sal dus die groeiende mynbedryf in die area dien, en 2 miljoen tot 3 miljoen mense in die huishoudelike sektor in die distrik van water voorsien.

Dit sal ongeveer R3.4bn kos om te voltooi.

Die Olifantsrivierwaterhulpbronprojek is deel van die presidensie se strategiese 18 geïntegreerde projekte wat daarop gemik is om ontwikkeling en groei in die land aan te help, werksgeleenthede te skep en basiese dienslewering te verbeter.

Die projek is gemik op die ontwikkeling van die “noordelike mineraalgordel” wat die Waterberg as sy middelpunt het.

Die Raad vir Wetenskaplike en Industriële Navorsing skat die Olifantsrivier is Suid-Afrika se rivier wat die derde hardste werk en ‘n span van 30 wetenskaplikes het bevind dat mynbou-, nywerheids -, landbou- en rioolbesoedeling reeds sorg vir ‘n giftige sop wat sy toekoms bedreig.

Die De Hoopdam sal een van die grootste betondamme in Suid-Afrika wees. Verskeie eerste plekke het tydens die bou daarvan na vore getree.

Een van hulle was die eerste gebruik van rollergekompakteerdebeton (rollcrete), met 129,000 m³ wat oor 30 dae in ‘n enkele operasie gedoen is. Die gietproses het vir ‘n Suid-Afrikaanse rekord gesorg.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.