NFP hoop om KZN in te palm

Deel op

nfpDie leier van die Nasionale Vryheidsparty, Zanele Magwaza-Msibi het haar hoop uitgespreek dat die party ná die verkiesing op 7 Mei in beheer van KwaZulu-Natal sal wees.

Sy het in Tembisa gepraat by ‘n geleentheid ter viering van die party se derde bestaansjaar, het RSG berig.

Die NVP se verkiesingsmanifes is ook bekend gemaak.

Sowat 2000 ondersteuners het die geleentheid bygewoon. Die party het in 2011 van die IVP afgestig, wat voorheen die regerende party in KwaZulu-Natal was.

Magwaza-Msibi sê sy beoog om sowat 1,8 miljoen stemme te kry en hoop om ten minste die amptelike opposisie in die provinsie te wees.

Die leier van die IVP, Mangosuthu Buthulezi het vroeër ‘n beroep op party-ondersteuners gedoen om vrye politieke bedrywighede voor te staan wanneer die tussenverkiesings Woensdag gehou word.

Hy sê dit geld ook die 7 Mei algemene verkiesing. Buthulezi het by ‘n saamtrek by die Rotary-stadion naby die Kwamashu-hostel, noord van Durban gepraat.

Die gebied is die afgelope tyd deur voorvalle van politieke onverdraagsaamheid gekenmerk. Twee vrouelede van die NVP en IVP is vermoor.

Die veteraan-leier sê ook dat die tussenverkiesings in die provinsie sal help om die hoeveelheid steun vir die party te peil.

Hy sê dit is ‘n proeflopie vóór die algemene verkiesing, en dus belangrik dat hulle goed vaar.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.