Boer doogeskiet, vrou met panga gekap

Deel op
Die Erasmus-egpaar
Die Erasmus-egpaar

‘n Boer is Sondagoggend in Groot Marico in Noordwes  in die jongste plaasaanval vermoor.

Die eienaars van die Sumsaren-wildreservaat, Koos Erasmus (59) en sy vrou, Martie (54), is deur drie swartes in hul huis aangeval.

Die swartes het die huis deur ‘n badkamervenster binnegeding en Erasmus in sy slaapkamer doodgeskiet.

Hulle het daarna sy vrou met ‘n panga aangeval. Sy het die aanval oorleef, maar Erasmus is op die toneel dood.

Die drie swartes het kort na middernag by die huis ingebreek. Erasmus se vierjarige kleinkind het by die egpaar gekuier. Hy was saam met sy oupa en ouma in die kamer toe hulle aangeval is, maar is ongedeerd.

Die seuntjie se ouers wat in Johannesburg woon, Erasmus se dogter en die se man, is erg getraumatiseerd.

Die verdagtes het glo met R260 000, ‘n skootrekenaar, ‘n 9mm-pistool en Erasmus se wit Mazda-dubbelkajuitbakkie op die vlug geslaan.

Die bakkie is later ‘n paar kilometer van die plaas af opgespoor.

Die polisie ondersoek ‘n saak van moord, poging tot moord en huisroof. Niemand is nog ivm die aanval in hegtenis geneem nie.

Die boeregemeenskap in Noordwes het ‘n beroep op die provinsiale regering gedoen om plaasmoorde te bekamp.

Die voorsitter van Agri-Noordwes, Cor Janse van Vuuren sê die boere lewe in vrees.

Hy het die polisie die skuld gegee en gesê dat hulle óf nie bereid is nie óf nie in staat is om plaasmoorde te keer nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.