Nuwe Ferrari-horlosie, warm Imprezas

Deel op

Image

Panerai Ferrari-horlosie

Die bekende Italiaanse horlosiemaker,Officine Panerai, het so pas ‘n versameling van horlosies bekend gestel wat die Ferrari-embleem dra. Die nuwe reeks bestaan uit 16 stukke wat in twee versamelings ingedeel is: Scuderia en Granturismo.

Deel op

Pryse is natuurlik slegs vir die ouens wat regtig Ferrari’s of Maserati’s besit. Dit begin by R133 000 vir die Ferrari 10 Days GMT (Scuderia-versameling) tot R424 500 vir die Ferrari Chronograph-spesiale uitgawe.

Warm Imprezas

Drie nuwe weergawes van die reeds baie gewilde Subaru Impreza is by die Britse motorskou bekendgestel.

Die eerste is die WRX-S wat toegerus is met die ou bekende 2.5-liter boxerenjin. Die motor gee syfers van 188 Kw by 5,400 opm. Die uiteinde van die syfers is dat die versneltyd van rus tot 100 kpu van 6,1 sekondes tot 5,5 sekondes verkort het.

Image

Subaru Impreza

Die tweede weergawe is die STI 330S. Dié motor se krag word opgeskuif na 243 Kw, sowat 23 Kw meer as die standaard STI. Hierdie syfers plaas die STI 330S reg in die pad van die BMW M3.  Hierdie STI het spesiale 90mm-uitlaatpype om die gewilde “Scooby”-klank na vore te bring. Toebehore soos Recaro-sitplekke van leer, satellietnavigasie, slim toegang en drukknoppie-aansitters is alles deel van die binneruim.

Die derde weergawe is basies dieselfde as die STI330S, maar hy heet die STI 380S (280 Kw). Subaru het wel gesê hulle gaan eers wag en kyk of daar wel belangstelling in dié meneer sal wees voor produksie sal voortgaan.

Image

Nissan Qashqai 2+2

Nissan Qasjqai 2+2

Nissan het besluit dat hulle die res van die motorwêreld se voorbeeld moet volg en ‘n sewesitplekweergawe van die Qashqai bekendgestel. Die voertuig heet die Qashqai 2+2. Ander vervaardigers wat in die Nissan se teiken is met die bekendstelling is die Opel Zafira en Renault se Grand Scenic.
 
Die Qashqai is die soort voertuig wat anders is; mense hou van goed wat anders is. Dit is wel ‘n ou bekende in die sin dat dit wel ‘n Nissan is, maar tog anders omdat niks op die pad soos hy lyk nie. Enjins behoort onveranderd te wees van die huidige enjins in die reeks; dit is net dat die gesinsman nou met meer gemak sal kan vakansie hou.

Diesel Jaguar XK?

Image

Jaguar XK Diesel

Die Britse motorpublikasie Auto Car het berig dat Tata, die nuwe eienaars van Jaguar, ‘n diesel-Jaguar XK beplan. Die motor sal deur Jaguar se 2,7 liter V6 TD  wat opgegradeer is na ‘n 3,0 liter V6-dubbelturbodieseleenheid aangedryf word. Kraglewering is dan ook 183 Kw teen ‘n lae toerstrek. Brandstofverbruik sal dan ook in die omgewing van 10,6 l/100 km wees..

Nuwe Honda NSX

Image

Honda NSX

Honda het ook aangekondig dat hulle in 2010 hulle nuwe NSX gaan bekendstel, die sportmotor word so geplaas word dat hy teen die Aston Martin V8 Vantage, Maserati GranTurismo en Jaguar XKR sal meeding. Krag sal verskaf word deur ‘n 5,5-liter V10-enjin wat 441 Kw teen 600 Nm se wringkrag ontwikkel. Die ratkas is ‘n sespoed met die dubbelkoppelaareenheid wat ratoorskakelings nie net blitsvinnig maak nie, maar ook seepglad sal hanteer. Honda sê insgelyks dat die nuwe NSX net 1 500 kg, sowat 250 kg ligter as Nissan se super GT-R, sal weeg. Hier kom ‘n ding!

хамам что этоФильчаков прокурор отзывы

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.