Japan gooi sy deure oop vir sy bure

Deel op

ImageJapan is deesdae die tweede mees gewilde plek om te besoek ná Hongkong vir Taiwannese toeriste

Deel op

Nie alleen Taiwannese nie, maar besoekers van Suid-Korea, China en Hongkong het verlede jaar amper verdubbel van vyf jaar vroeër, volgens die Japannese toerismeorganisasie

In die deftige winkels in die Ginza-distrik van Tokio hou Chineessprekende winkelassistente Chinese note in hul kasregisters.

Die Japannese regering het visumvereistes vir toeriste van Taiwan en Suid-Korea afgeskaf en sien hulle Asiese bure as die belangrikste bydraers tot 'n groeiende toeristebedryf.

Ekonomiese groei in Oos-Asië het die ekonomiese gaping verklein om dit moontlik te maak vir ander Asiërs om nou na die eens peperduur Japan te reis.

Alhoewel Asiese besoekers aan Japan hou van inkopies, het vele ook 'n diep bewondering vir die land. Noudat hulle dit kan bekostig om te reis, wil hulle graag kom kyk hoe lyk die streek se voorloper.

Japan is nie net nommer-een wat hoë tegnologie en mode betref nie, maar ook vir populêre kultuur geniet hulle 'n groot aanhang regoor Asië.

Navorsing toon dat Westerlinge graag kulturele instellings soos tempels besoek, terwyl Asiërs graag fabrieke besigtig, inkopies doen en dan die natuurskoon en warmbronne geniet.

 

мойка оборудованияДанильченко Юрий отзывы

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.