Front Nasionaal teen Kovsie-‘transformasie’

Deel op
Anell Fourie
Anell Fourie

Die regering van SA en die Grondwet maak voorsiening vir die inagneming en die bestaansreg van elke etniese groep en volk binne die grense van Suid-Afrika. Die uitbuiting van die blanke Afrikaanssprekende blyk nou weer uit die gedrag van die UV se koshuisbestuur.

Volgens Anell Fourie, woordvoerder vir onderwys van Front Nasionaal, “ontstaan tradisie en kultuur spontaan vanuit gemeenskappe met dieselfde denkwyses en doelstellings en word sodanig gevestig. Om ‘n kunsmatig herskepte “nuwe” tradisie of kultuur af te dwing, is om ‘n situasie te skep waar ‘n kultuur benadeel word ten gunste van twyfelagtige ideologiese oogmerke. Saam met die vernietiging van tradisie in die opvoedkundige konteks, gaan onvermydelik ook die verval van dissipline en respek.”

Front Nasionaal voel dat die verwysing na studente wat tydens ‘n vergadering nie na die rektor geluister het nie, ‘n duidelike bewys is dat die huidige rektor, as gevolg van sy vorige uitlatings en blatante rassisme en weersin in Afrikaners bloot nie meer die die respek van sy studente afdwing nie. Dít, opsigself, is reeds rede tot groot kommer.

FN wil hom uitspreek en sy duidelike afkeer bekendmaak van die huidige sogenaamde ‘transformasie’ wat in die JBM Hertzog-koshuis plaasvind. Hertzog se noue, historiese verbintenis met Vrystaatse tradisies is veel meer as ‘n eeu oud en is verhewe bo rassepolitiek en eiewaan. Om sy naam dus van die koshuis te verwyder, verteenwoordig kulturele en opvoedkundige vandalisme.

Me. Fourie het verder gevra: “Waarom moet daar selfs sportgedenkwaardighede van ‘n vorige koshuisinwoner verwyder word? Dit is betreurenswaardig dat sulke blyke van vorige prestasie nie verder vertoon mag word nie.”

Daar word tans ook fisieke geweld op ongekende skaal teen Afrikanerplaasboere en -stedelinge gepleeg, veel meer as wat tot die onlangse afstigting van die Krim vanaf die Oekraïne gelei het. Volgens Fourie, behels “die moord op ‘n volk en ‘n groepering meer as bloot die ontneming van lewens; dit behels ook die ontkenning en ontneming van ‘n eie tradisie, taal en kultuur. Hierteen is ons ten sterkste gekant.”

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.