Nuwe kabelnetwerk kom

Deel op

Reuters rapporteer dat MTN, die selfoonmaatskappy van voornemens is om 'n 5000 km optiese kabelnetwerk van die grond af te kry teen 'n koste van 1.4 miljard Rand. Dit is deel van 'n kapitale uitleg van 7.1 miljard Rand wat byna dubbel soveel  is  soos verlede jaar. Dit gaan aangewend word om die netwerk se kapasiteit en opvang gebied te verbeter en dit gaan meesal in die beboude gebiede van Gauteng gedoen word om die infrastruktuur uit te brei om as ruggraat van die nasionale stelsel te dien.

Deel op

"Ons gaan dit in 'n vennootskap met ander diensverskaffers doen" aldus, Tim Lowry, die Besturende direkteur van MTN. Dit gaan help om koste laag te hou asook om onderbrekings te verminder. Daar word beplan om teen Augustus met dit te begin alhoewel daar nog geen begin datum afgekondig is nie.

Die hoof van tegnologie, Sameer Dave sê dat MTN se prioriteit nou is om kapasiteit in geboue soos lughawens,  hotelle en winkelsentrums te verbeter en om die plattelandse gebiede ook te bereik. Dave is ook van mening dat dit in MTN se guns sal tel as hulle vir hul self sorg aangesien hulle te afhanklik is van Telkom en dat die diens kort-kort buite aksie is en om hul dienslewering te verbeter. Telkom is verantwoordelik vir tussen 50% en 60% van MTN se diensonderbrekings.

комплектующие к погружному насосулобановский класс

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.