Obama maak vermiste vliegtuig skielik hoë prioriteit

Deel op

ozmh370Die Australiese eerste minister, Tony Abbott het bekendgemaak dat twee groterige voorwerpe in die suidelike Indiese Oseaan opgemerk is wat moontlik verbind kan word met vlug MH370.

Australië, wat beheer oorgeneem het van die soektog in die gebied, sê die ontleding van nuwe satelliet-beelde het “betroubare” inligting aan die lig gebring.

Die premier Tony Abbott het egter gewaarsku dat die satellietbeelde nie duidelik is nie en dat niemand te gou gevolgtrekkings moet maak nie.

Die vermiste vliegtuig van die Maleisiese lugdiens met 239 passasiers aan boord het bykans twee weke gelede vermis geraak tussen Kuala Lumpur en Beijing.

John Young, hoof van die Australian Maritime Safety Authority (Amsa), het na Abbott se aankondiging gesê dat die voorwerpe is “relatief onduidelik” op die satellietbeelde, maar was van “redelike grootte en waarskynlik deurdrenk … en wip op en af ​​in die water.”

Die Amerikaanse vloot se P8 Poseidon en Nieu-Seeland se lugmag Orion sal ook aan die soektog wat nader aan Perth geskuif het, deelneem.

Die Maleisiese regering meen die vliegtuig is doelbewus van koers af gestuur en het verskeie ure lank gevlieg nadat daar van sy roete afgewyk is.

President Barack Obama van die VSA het die soektog as ‘n hoë prioriteit vir sy regering verklaar nadat Maleisië glo beskikbare inligting aan die FBI verskaf het.

Dr Jim Garrow meen egter die VSA beskik oor baie meer inligting as wat hulle voorgee.

Garrow sê die vliegtuig het waarskynlik op die Amerikaanse basis Diego Garcia geland omdat daar 20 wetenskaplikes aan boord was wat vir China geklassifiseerde sagteware ontwerp het.

Garrow sê die skakel is vermoedelik Obama se broer wat in China woon.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.