Toyota swig voor Amerikaanse druk

Deel op

priusDie Japanse motorreus, Toyota, het ingestem om R12 miljard se boete te betaal om ‘n strafregtelike geskil met die VSA op te los na veiligheidsprobleme tot die herroeping van miljoene voertuie gelei het.

Toyota sê hy neem volle verantwoordelikheid vir die ontwerpprobleme.

Toyota-handelaars het vroeër gekla dat die hulle onregverdig behandel word deur die Amerikaanse regering. Sommige sê dit is omdat die regering miljarde belê het in twee mededingers, General Motors en Chrysler.

Meer as 150 Toyota-handelaars in Washington het wetgewers genader namens van Toyota, wat meer as 8 miljoen voertuie moes herroep as gevolg van kommer oor veiligheid.

Hulle kla dat die Amerikaanse regering onregverdig teenoor Toyota optree. Die Amerikaanse produkte vergelyk nie goed met die Japannese motors nie. Japannese modelle oorheers die toptien verkopers in die VSA.

Paul Atkinson, ‘n Toyota-handelaar van Houston, Texas, het by ‘n mediakonfrensie luide applous gekry toe hy gesê het: “Hoe het ons skielik oornag die skurke geword? Ek begryp dit nie.”

Die motorvervaardiger het nietemin volle verantwoordelikheid aanvaar vir die kwellings wat die maatskappy se optrede aan sy kliënte veroorsaak het.

Volgens inligting het die maatskappy tussen 2009 en 2011 meer as tienmiljoen voertuie teruggeroep omdat daar probleme met die vloermatte en die petrolpedaal was wat skielik onbeheerde versnelling kon veroorsaak.

Die Departement van Justisie in Amerika sê die maatskappy het aanvanklik probeer om die omvang van die probleme te verbloem.

Amerika het die optrede as “skaamteloos” beskryf sonder dat die veiligheid van bestuurders en passasiers in ag geneem is.

Kritici meen egter die Amerikaners kan nie met Toyota meeding nie, en het Japan met verdere optrede gedreig om hul eie motorvervaardigers te beskerm.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.