Juju loop voor in SA se eerste digitale verkiesing

Deel op

jujuDie EFF-leier Julius Malema het meer Twitter-volgelinge as die amptelike opposisie-leier, Helen Zille.

Die hoof uitvoerende beampte van Apurimac Media het Dinsdag gesê die sosiale media gee politici insig oor hoe hul politieke veldtogte deur aanlyngehore voor die algemene verkiesing ontvang word.

Die verkiesing van 2014 is Suid-Afrika se eerste digitale verkiesing.

Die EFF van Malema het die meeste Twitter-volgelinge, met 426.755, gevolg deur die Demokratiese Alliansie met 391.811.

ANC-president Jacob Zuma het 314.149 Twitter.volgelinge, terwyl Agang SA se leier Mamphela Ramphele net 40.066.

Tussen 8 en 14 Maart het Zille 43 keer getwiet, Malema 13 keer, Ramphele 9 keer en Zuma nie een keer nie.

Zille het ‘n “betrokke” Facebook-gehoor, met 6463 gebruikers wat klets oor die kommentaar sy pos, in vergelyking met Malema se 142 en Ramphele se twee.

Niemand het met Zuma gesels nie. Bronne binne die DA sê die Facebook-stryders word aangesê om die blad lewendig te hou.

In terme van Facebook se “hou van”, was Malema aan die voorpunt met 79.700, Zuma met 38.776 , gevolg deur Ramphele met 2496.

Zille het geen gehad nie, want sy het nie ‘n toegewyde Facebook-onderwerpblad nie.

Die DA het die meeste Facebookvriende, met 71.377, die EFF het 64.477 en die ANC het 58.176.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.