Tshwane laat geld oor swart Pretorianers reën

anc-flagDie Tshwanemetroraad in Pretoria het R19 miljoen beskikbaar gestel om 144.000 swart gesinne by te staan wat deur vloede geraak is, het RSG berig.

Die munisipaliteit sê skade van sowat R124 miljoen is veral in swart gebiede soos Soshanguve, Mabopane, Ga-Rankuwa, Rethabiseng en Mamelodi aangerig.

Die metro het ook vroeër meer as ‘n R100 miljoen beskikbaar gestel om sowat 40.000 huise in Tshwane se dakke te herstel wat aan die einde van verlede jaar deur hael beskadig is.

Dit sal insluit die herstel van die huise en vensters en die vervanging van die asbesdakke wat verlede jaar in November en Desember in die storms beskadig is.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.