Krimvolkstaat: onwettig maar legitiem…

wingard_johanndeur Johann Wingard

Hierdie week het ons weer gesien hoe die internasionale reg of volkereg deur lande geplooi word om hul eie geopolitieke belange te dien.

Ons het ook waargeneem hoe vinnig Oos-Europa se grense verander het.

Die Krimvolkstaat het sonder slag of stoot tot stand gekom toe Wladimir Poetin gister die ooreenkoms onderteken het wat die totstandkoming van die Krimvolkstaat as outonome Republiek erken het. Die Krimvolkstaat is nou deel van die Russiese Federasie.

Die Krimskiereiland was eers deel van Rusland, maar is tydens die totstandkoming van Oekraïne in 1954 deur Nikita Kroestjof as deel van die Oekraïne ingelyf. Die nuwe staat was mos deel van die Sowjetunie. Maar met die verbrokkeling van die Sowjetunie het die skiereiland deel van die Oekraïne gebly.

Vir meer as 200 jaar was die Krimskiereiland Rusland se Swartsee-vlootbasis en meer as 80% van die inwoners is steeds etniese Russe.

Met die hulp en aanmoediging vanaf die Weste het nasionalistiese Oekraïners die mag in Kiëf met “terreur en bloedvergieting” op ondemokratiese en onwettige wyse oorgeneem. Hulle het dit kwansuis as ‘n rewolusie bestempel om van ‘n korrupte regering ontslae te raak.

Die propagandaveldtog van die Weste wat daarop gevolg het, beklemtoon dat die nuwe tussentydse regering die legitieme verteenwoordigers van die mense van die Oekraïne is en dat die nuwe selfaangestelde regeerders volgens die internasionale reg erken word.

Die Konstitusie (2010) van die Oekraïne lees egter soos volg:

“Article 37
The establishment and activity of political parties and public associations are prohibited if their program goals or actions are aimed at the liquidation of the independence of Ukraine, the change of the constitutional order by violent means, the violation of the sovereignty and territorial indivisibility of the State, the undermining of its security, the unlawful seizure of state power, the propaganda of war and of violence, the incitement of inter-ethnic, racial, or religious enmity, and the encroachment on human rights and freedoms and the health of the population.”

Maar volgens die 2010-grondwet, asook vorige weergawes daarvan, moet die demokraties verkose President en minstens 45 parlementslede die grondwetlikheid van enige stap, wat die status van die Republiek mag aantas, goedkeur.

Die Krim
Die Krim

W. Janoekowitsj was die laaste verkose President en is dus volgens die grondwet die enigste wettige staatshoof wat mag optree t.o.v. die Krimvolkstaat.

Maar nou paradeer die nuwe selfaangestelde regeerders as legitiem en die Weste val oormekaar om hulle as sodanig te erken en maak selfs beloftes van groot geld aan hierdie regime.

Dit is presies hier waar die siniese en dubbelslagtige plooïng van die internasionale regspraak voorkom:

Volgens hul optrede blyk dit dat dit heeltemal wettig sou wees om met geweld en bloedvergieting die regering van die dag omver te werp en bonop strydig met hul eie land se grondwet op te tree deur te verklaar dat die Oekraïense taal die amptelike voertaal sal wees en dat Russies voortaan ‘n ondergeskikte status sal geniet.

Volgens die Westerse regerings se optrede is die oorname van die mag deur geweld derhalwe nie strydig met die volkereg nie. Die politieke rede is egter dat hulle die Oekraïne as ‘n NAVO-bondgenoot wil sien en dat die Krimskiereiland na die Weste sal oorgaan.

Maar o wee, wanneer die ganse bevolking van die Krimskierreiland, op ‘n bloedlose en vreedsame rewolusie sy selfbeskikking opeis, soos Kosovo ‘n paar jaar gelede, en wat deur die Weste bewerkstellig is, dan is dit onwettig en strydig met die land se grondwet en wil hulle dit nie erken nie.

Gelukkig is Poetin sterk genoeg om hom nie aan hierdie klug te steur nie. Tydens die ondertekening van die verdrae gister het hy verklaar: “Ek kan net nie vat kry aan die gedagte dat wanneer ek ons vlootbasis gaan besoek, ek deur NAVO-vlootsoldate verwelkom gaan word nie.”

Maar nou is die Krimvolkstaat, volgens Russiese wetgewing, ‘n deelstaat van die Russiese Federasie. Obama en sy handlangers sal maar daaraan gewoond moet raak, want daar is niks wat hulle kan doen om die situasie weer om te keer nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.
  • Rooikop

    Die hele doel van daardie revolusie is en was NAVO wat probeer om Rusland te ondermyn. Ten spyte van al die euwels van kommunisme (of dalk as gevolg daarvan) wil dit voorkom of die mense daar se koppe nog reg werk – nie die liberale-een-wêreld-griep wat die weste gekry het na WO2 nie.

    Dit is hierdie einste weste wat die Afrikaner beduiwel

  • Gas

    Laat die Afrikanervolk maar die lesse uit hierdie verwikkelinge leer, die vernaamste een die huigelagtigheid van die Weste (Amerika en die EU). Dink maar nou daaraan dat die Afrikanervolk binne afsienbare toekoms voor dieselfde huigelagtige Weste (dis mos wat die sogenaamde “internasionale gemeenskap” volgens die SA hoofstroomnuusmedia is wat enige stappe wat die Afrikanervolk doen om sy onafhanklikheid van hierdie tot-die-dood-toe-siek burgerstaat geskep deur Grondwet 1996, glo eers moet goedkeur is).
    Gaan ons deur al die wetlike pietersielie wat hierdie huigelagtige internasionale gemeenskap in die Afrikanervolk se pad werp trotseer of moet daar gedink word aan ‘n eensydige onafhanklikheidsverklaring (ek bedoel dit as moontlike toekomsmusiek)?
    Die Afrikanervolk het uitstekende regsargumente teen die politieke dispensasie wat met behulp van die bedrieglike en onbetroubare FW de Klerk tot stand gekom het en die Afrikanervolk kan ‘n onbevange internasionale tribunaal oortuig dat die magsprysgawe (daarby ingsluit die skep van ‘n tussentydse oorgangsgesag dedstyds bekend as die Uitvoerende Oorgangsraad, UOR), onregmatig en onwettig is (en steeds is, nie net bloot was nie).
    Afrikaner-akademici en politici het sekerlik nie in die tussentyd en met al die bekentenise van De Klerk en Pik Botha en sulkes, dat die kommunistiese ANC onder valse voorwendsels met die NP-regime onderhandel het, stil gesit nie. Wat is die beste vooruitsig? Om terug te gryp na die 1961-bedeling, wat baie stewige vooruitsigte bied? Of moet die Afrikanervolk die hele hinterland wat die staatsreg en politieke konvensies wat buite tot nou toe bestaande wette en konvensies ooplê ontgin?
    Laat die gebeure in die Krim ons egter aanspoor tot grondige ondersoek en besliste optrede. Maar laat die Afrikanervolk veral daarop let dat dit nie meer so eenvoudig vir sy vyande is om hom aan die sogenaamde internasionale mening uit te verkoop nie. Eenvoudig deurdat die internasionale mening nou in twee kampe sit en dat die skeur met elke stap en elke verklaring deur Poetin, Obama en EU-segslui groter word.

  • Arnieann

    “Obama en sy handlangers sal maar daaraan gewoond moet raak, want daar is niks wat hulle kan doen om die situasie weer om te keer nie.”

    *********************
    En presies wat ons ook gaan doen na die verkiesing.

    • jan

      Wat bedoel jy?
      As Front Nas iets positiefs gaan doen dan is ek met julle maar as julle Orania gaan aanval dan is ek teen julle.
      Dink baie baie mooi voor jy reageer.

      • Arnieann

        As jy iets wil inlees wat ek hier gesê het, dan is dit jou probleem.
        En wie is die “Julle” waarvan jy praat???
        Ek is net so ‘n individu soos jy, en raporteer aan niemand nie.
        Ek stem waar ek wil, en jy kan ook so maak.

        • jan

          My ‘JULLE’ is die ‘ONS’ waarvan JY gepraat het.

          Wie is die ‘ons’ waarvan jy geskryf het ?
          Jy en jou IT [Impi Tsotsis?] en
          wat wil julle aanvang na die verkiesing?
          Moet ek vrees vir my en my kinders se lewe ?

          • Arnieann

            As jy nie jouself by die “ons” wil intel nie, kan jy maar MOER toe vlieg.
            Flok jou in elkgeval. Dom flokken idioot.

          • Arnieann

            As jy jou buite die “Ons” tel. kan jy maar moertoe vlieg.
            Die keuse is joune.

          • jan

            Arnold sit Ativan onder jou tong en knyp want dis ‘n ontsaglik belanrike draad. hierdie.

            Besef jy nie hoe naby ons aan mekaar is nie?
            Bert O Bokkie en Orania het presies dieselfde lewensbeskouing.
            Self werksaamheid : wat ek opreg bewonder van Bert – hy doen absoluut alles self persoonlik. net soos die Orania-kaners.
            En ‘n veilige tuiste

            Sopas het Orania uiteindelik besluit om toegang te beheer.op verskillende vlakke net soos al die duisende behuisingskemas en VM- losies. en state tradisioneel doen. Dis so normaal wettig soos enigiets.

            Dit is soos soewereiniteit en selfbeskikking ontstaan en gehandhaaf word soos in die Krim
            Volkome wettig en legitieme kwantumsprong na onafhanklikheid.en vryheid.
            Nou is daar in Orania bv die toelatingsprosedures geformuleer van tydelike verblyf [soos bv ‘n spesialis IT Intieme Tuindienste ] tot permanente inwoners.

            Reuse sprong in die toekoms in.

          • Arnieann

            As jy dit meer duidelik aan my wil verduidelik, is jy meer as welkom om my hier te kontak.
            arnieann@lantic.net.

      • Arnieann

        As jy na die “likes” kyk wat ek het, is dit duidelik dat jy nie met “Ons” is nie.

  • Willy

    Lekker!! Suur druiwe vir die Amerikaanse senaat. Hulle sal nou alles probeer met smeerveltogte, propganda en hier en daar ‘n haas uit die hoed probeer haal om Putin in ‘n slegte lig te wil plaas. Hulle kan maar probeer, die gewildheid is besig om te taan! Een of andertyd staan hulle alleen.

  • nBmnp

    Daar is meer as die Krim:

    – Abchasie
    – Suid-Ossesie
    – Berg-Karabach
    – Transnistrie

    • emiel

      Daar is ‘n ou Russiese gesegde, ‘ n Rus vat lank om sy perd te saal, maar is hy begin ry, ry hy vinnig. Soos jy tereg uitwys, die Weste het deur hulle onverantwoordelike aksies in Oekraïne die bal aan die rol gesit wat nie maklik gestuit sal word nie. Hier is ‘n goeie opsomming van die situasie:
      http://www.truthandbeauty.ru/eternal-russia/ukraine-truth-%E2%80%93-the-first-casualty/

    • Johann Wingard

      En dan nog Quebec, Skotland, ens.

      Die stroom raak nou so sterk dat selfbeskikking onstuitbaar geword het.

      Maar ons moet onthou dat militere en ekonomiese mag ‘n sterk rol speel. Daarsonder is die vooruitsig op selfbeskikking baie gering, want dit word bloot militer onderdruk.

  • henkst

    “Some Muslim radicals want to either be part of Turkey or create their own Islamic state. Fair enough – but they are a minority within a minority and thus, frankly, quite irrelevant. The reality is that this entire “Crimean Tatar issue” is a canard cooked up in the West in the desperate hope to find some kind of “ethnic/religious fulcrum” to deny the legitimacy of this referendum and stir up more ethnic trouble. The results show that this plan clearly failed.”
    So what is going to happen next?
    http://vineyardsaker.blogspot.com/2014/03/these-are-official-results-from.html?showComment=1395098440959

    • Willem

      ‘n Baie interessante artikel wat jy hier aanhaal. Dankie vir die skakel.

  • Sjert

    Die Krimskiereiland en Sewastopol in besonder, is deur die eeue heen een van die mees strategies-belangrike besittings van MoederRusland.
    Dat oorle’ Kruchev destyds tydens een van sy talle besope oomblikke die gebied aan die Ukraine uitgedeel het, was bloot tewyte aan die feit dat hy en die Kremlin se base op daardie stadium nog hul eie fabels geglo het – nl die onverganklikherid van ‘n Kommunistiese staat en uiteindelike Wêreldstaat. Baie soos oorle’ Hitler van annerdag.
    Is dus g’n wonder dat Putin die eerste die beste geleentheid benut het om hul enigste en belangrikste warmwater hawe, weer veilig onder Moskou se beheer te kry nie.
    Enige Moor, Mohammedaan of Westerling wat hierdie strategiese besitting wil wegneem van die nuwe Russiese base, gaan vir seker die Derde WO aan die gang sit.

    • jan

      Absoluut seker ja Sjert.
      Hoeveel te meer daai groot oliepype van Rusland wat deur Oekraiene loop.
      Rusland so pateties gewees het as hulle NIE hul eie strategiese belange beskerm nie.
      Ek dink Ou Soros wat sy ou triek probeer het deur revolusie te finansier en dan te skep as die pap die waaier tref het nou ook sy laaste vuil spel gespeel.

  • Willem

    Poetin is te uitgeslape om in so ‘n lokval in te loop. Sy rekord tot dusver is om om konflik sover te vermy of dit te beperk. Kyk hoe is die hele Krim sage weereens hanteer: onmiddelike stappe is geneem om die interne situasie te stabiliseer. En dit het gewerk; geen geweld, referendum binne dae, en die situasie is afgehandel volkome in Rusland se guns.

    • Sjert

      Raak gevat Willem.
      Die Westerse narre was op die planke nog voor die faait regtig begin het.
      Putin is ‘n ander ketel vis. Hy het sy melktande laaaank t’rug in die KGB se gange op Dzerzhinsky plein verloor.
      Ou bobbejaan hy. Sleep nie sy ketting saam as hy aan die draf gaan nie. Tel die ding op en voor jy weet hoe laat dit is, is dit laaaankal te laat.
      hehehe

  • Karel Combrinck

    Net iets oor die Internasionale reg, of dan die Volkereg in Afrikaans, soos Johann Wingard dit ook stel. Die Volkereg is inderdaad swak reg. Daar bestaan nie werklik dwingende reëls in die volkereg soos wat daar in die nasionale reg, of soos die regsgeleerdes dit noem, die “munisipale reg” bestaan nie. Daar bestaan ook nie ‘n gesag wat die volkeregtelike reëls, of hulle nou inderwaarheid regsreëls is, kan afdwing nie. Groot magte soos die VSA probeer natuurlik om hulle strategiese en ekonomiese belange as regsreëls in te klee en dit dan as sulks op swakker moonthede te af te dwing. Die vokereg berus hoofsaaklik op verdrae, oftewel vrywillige ooreenkomste, tussen soewereine state, maar feit bly dat groter moondhede steeds in ‘n bevoorregte posisie sal wees teenoor swakker moondhede, selfs waar dit gaan om onderlinge verstandhoudings tussen hulle. Die huidige Krim episode illustreer die situasie so goed soos enige ander. Hier gaan dit om ‘n politieke en strategiese wedywering tussen groot magte wat almal hulle standpunte met regs- (en selfs morele!) argumente probeer verdedig, maar waar die deurslag uiteindelik gegee sal word deur wie die politieke, militêre en ekonomiese vermoë het om sy wil te kan deurvoer.

    • Dolk

      Baie insiggewend en logies beskryf. Dankies.

      • jan

        Dolk ek is baie bly jy is nog met ons…waardering
        Terwyl ons oor terreur praat – wees versigtig vir wie jy jou e-adres en tel nommer gee want daar is karakters wat dit gebruik om op pornografiese netwerke oa in te skryf …
        Hierdie Mallayse vliegtuig raaisel het al hierdie terreur tegnologie onder ons aandag gebring

        • Dolk

          Goeie more Jan

          Dit is inderdaad ongelukkig so Jan. Dis ongelooflik hoe die boosheid van mense manifesteer… Dat iemand aktief beplan om ander leed aan te doen, is so oud soos Kain self…

          Daar is ‘n ander veld waar ongelooflike geld daaruit gemaak word – wat ek as vorm van beplande sabotasie beskou… Om slegs een te noem: Die motorbedryf… Hierdie “alarm” liggies wat aankom op voertuie… Wat mens kwansuis waarsku dat jou motor ‘n diens kort – ongeag ‘n hele paar bygerekende faktore… Waar jy geld moet betaal om die liggies af te skakel! Sonder die keuse om dit self af te sit?!

          Dit beskou ek as gekondisioneerde sabotasie – waar “almal” dit net aanvaar – en nog boonop die saboteur verder verryk…

          Hoeveel weet dat mens enige stelsel kan programmeer on na ‘n sekere tyd “foutief” te raak – selfs om “homself” te vernietig? Deel van wat ek doen, is om automatiese stelsels te programmeer… Vra maar vir enige persoon wat dit doen – mense betaal jou tot om dit in stelsels te sit!

          • jan

            Ek het so ‘n kar – maar ek het gedog ek het self die ding se dem rekenaar beskadig deur ‘n verkeerde ‘jump start ‘…..

            Die outjie wat die satteliet skakel vir Mercedes ontwerp het is ‘n Afrikanertjie!! skitterende werk

            Hiedie Mallaysie se vlug laat my dink aan die geval jare gelede toe ‘n jong laaitie vanuit Pole ? met ‘n Cessna gevlieg het en op die Rooiplein geland het – tydens die koudste van die Koue oorlog. Eintlik ‘n koerse verleentheid / grap gewees.

          • Dolk

            Ek onthou die Rooiplein voorval nog baie goed…Baie rooi gesigte ja.

            Het jy geweet dat die II XBox (Praat onder korreksie) gebruik kan word om werklike missiele mee te stuur? Laat staan nog die nuutste konsoles!

          • jan

            Omdat ek self oor 1500 vliegure het in ligte vliegtuie weet ek van die akuraatheid van die GPS stelsel. Dis ‘n mliltêre sateliet wat so akkuraat is dat vliegtuie wat op dieslefde roete gefikseer is letterlik in mekaar se sterte of kop aan kop gebots het.
            Dit het genoodsaak dat daar ‘n ‘fout’ van ‘n paar honderd meter ingebou is.
            Ek meen hoe op dees aarde kan ‘n Boeing verdwyn?
            Tensy hulle kajuitdruk verloor het en almal bewusteloos geword het soos die een in Griekeland destyds. Maar op op 20000 vt is hulle duidelik sigbaar op radar …..
            Nou lees ons dat daar inderdaad 20 IT gurus op die vlug was wat die Chinese gehelp het met geheime rekenaar sagteware ? of hardeware. Hulle het glo op Diego Garcia by ‘n US basis geland… Obama se halfbroer met sy Chinese vroutjie is intiem betrokke…
            Juis in die tyd van die Krimkaskenades.

          • Dolk

            Deksels Jan! Dis indrukwekkend!

            Dit is inderdaad onmoontlik vir ‘n straler om net so te verdwyn. Die verloop van gebeure (Indien dit die heilige waarheid is) vertel vir mens ‘n verhaal soos uit ‘n James Bond fliek…

            Rekenaars en sagteware het miljoene der miljoene elektroniese komponente vervang.

            Dit is 100% onmoontlik om met analogies-gebaseerde elektroniese komponente ‘n hoë-definisie TV, ‘n videospeler, ‘n kamera, ‘n videokamera, ‘n stereo radio, ‘n rekenaar!, ‘n hoëtroustel, ‘n GPS, ‘n monsteragtige “hardeskyf”, ens. ens. en, ‘n selfoon ( ;-)) – alles in een ruimte – kleiner as ‘n opgevoude dame sneesdoekie in te druk…

            Ons het geen benul hoeveel “mag” lê daar in sagteware opgesluit nie.

            Verseker gaan hier dalk nog ‘n “ding” oor daardie vliegtuig uitbroei.

            Net jammer dit was nie ‘n Gupta een met die NSA regering en malema daarin nie…

    • Riempies

      Johan Combrinck Hoe- indien wel op enige manier kan menseregte wat n buitegewone hoe prioriteit tans wereldwyd geniet gebruik word om volkereg
      te ondersteun?

      • Karel Combrinck

        Dankie Riempies vir jou vraag. Ek weet nie of ek dit kan beantwoord nie, maar kom ek probeer so en moge ‘t treffe:
        Daar bestaan geen wetgewing in die Volkereg nie, want daar is geen volkeregtelike wetgewer nie, hoewel die Amerikaners, soos gesê, hard probeer om daardie rol te vervul.
        Die Volkereg kan in sekere opsigte vergelyk word met die kontraktereg insoverre as wat ‘n kontrak ‘n verbintenis skep waaruit regte en verpligtinge ontstaan vir twee of meer vrywillige partye. Internasionale verdrae is iets soos kontrakte tussen soewereine state. Slegs die partye word daardeur gebind.

        Nou menseregte. Alle nasionale regstelsels beskerm natuurlik in groter of mindere mate menseregte. Op die gebied van die menseregte trag die VN in steeds toenemende mate, weer eens op inspirasie van Amerika, om voorskritelik op te tree. Die belangrikste VN dokument op hierdie gebied is die Universal Declaration of Human Rights van 1948, wat sedertdien baie wysigings en variasies ondergaan het. Die Deklarasie is weer eens ‘n verdrag wat sedertdien deur baie state geratifiseer is. Ratifikasie is ‘n duidelike bewys dat state toetrede tot ‘n verdrag eers in sy nasionale wetgewing moet goedkeur of inkorporeer voordat dit regskrag verkry. Vandag word dit beskou dat genoeg state tot die verdrag toegetree het om dit die status van volkeregtelike wetgewing te gee.
        Die vraag bly egter steeds wie dwing hierdie “wetgewing” af. ‘n Poging om menseregte in die Volkereg af te dwing, is die VN se hof vir menseregte wat daarop gerig is om vergrype teen menseregte te straf. Verskeie voormalige magshebbers wat hulle aan volkemoord skuldig gemaak het, is reeds daar verhoor.
        ‘n Verdere probleem is dat die groot magte wat lede is van die Veiligheidsraad en wat hulle miskien aan ‘n Volkeregtelike oortreding skuldig sou maak, enige optrede teen hulle sou kon veto. Rusland het dit nou pas weer gedoen in die Krim situasie. (L.W. ek beweer nie Rusland het hier volkeregtelik oortree nie.)

        • Riempies

          Ek dink tog sou mens in kombinasie van die mensereg –
          die reg op lewe wat misken word deur een volk teenoor n ander volk asgevolg van hulle andersheid bring dan tog die volkereg by implikasie in gedrang.

          My mening was en is nogsteeds dat wanneer hierdie kwessie van die Afrikanervolk in n wereld hof besleg gaan word, dit grondbrekende ingewikkelde regsbeslissings sal verg. Mens kan mos maar droom, dankie vir jou antwoord.

  • Riempies

    Dr Johann Wingard wat n vreugde om jou belese insette weer hier te lees – baie dankie.