Merkel: Rusland is steeds lid van die G8

Deel op
Federica Mogherini
Federica Mogherini

Ná die ondertekening van ‘n ooreenkoms rakende die toetrede van die Krim tot Rusland, bly die Russiese Federasie nog ‘n lid van die G8, het die Duitse kanselier Angela Merkel Dinsdag gesê.

NUUT!

Duitsland, Italië en Frankryk het behoorlik geskarrel om die skade van vroeëre anti-Russiese mediaverklarings oor samewerking tussen geïndustrialiseerde lande te beperk.

Al wat tans gebeur is die opskorting van die voorbereidings deur Westerse lande om die G8 -beraad in Sochi te hou in Junie, het Merkel benadruk.

“Behalwe dit is geen verdere besluite geneem nie,” het die Duitse kanselier gesê.

Merkel het bygevoeg dat wat die G8 betref, “is daar niks verder [gevorder] nie”.

Intussen het Italië se minister van buitelandse sake Federica Mogherini het ook beklemtoon dat “die G8-formaat nie afgeskaf is nie”.

“In die afgelope dae, het vennote uit die groot sewe reeds die besluit geneem het om deelname op te skort in die voorbereiding van die G8-beraad in Sochi. Maar dit verwys na werk in die groot agt-formaat, maar nie na die afskaffing van die formaat self nie,” het Mogherini gesê.

Sy het beklemtoon dat “pogings aangewend word om hierdie formaat te bevestig”.

Die hoof van die Italiaanse diplomatieke diens het ook gesê dat ‘n opsie bespreek bespreek is om honderde Europese waarnemers op ‘n OSCE-missie te stuur.

Vroeër, het die Franse Minister van Buitelandse Sake Laurent Fabius verklaar dat Westerse lande ooreengekom het om Rusland se deelname aan die G8 op te skort.

Fabius het tydens ‘n onderhoud met die radiostasie Europe1 gesê: ” Al sewe voorste wêreldmagte het besluit om Rusland se lidmaatskap op te skort.’

Die Franse minister van buitelandse sake se opruiende uitspraak is kort daarna heftig deur Franse ministerie van buitelandse sake se woordvoerder Romain Nadal ontken.

Rusland bly ‘n lid van die G8 het Nadal gesê. Volgens Nadal het Frankryk geen planne om sy wapenkontrak met Rusland vir die verskaffing van die Mistral-klas skepe te kanselleer nie.

Nadal het naarstiglik die uitspraak probeer kwalifiseer en gesê Fabius het net melding gemaak van ‘n gesamentlike besluit oor die skorsing van die voorbereidings vir die organisasie se beraad wat in Sochi gehou moet word.

Nadal het beklemtoon dat die status van die kontrak vir die lewering van die Mistral-klas skepe na Rusland absoluut nie in gedrang is nie.

Op 17 Maart egter, het die Franse minister van buitelandse sake Laurent Fabius gewaarsku dat Parys kan die kontrak vir die lewering van die Mistral sal kanselleer na Rusland in geval sy beleid teenoor die Oekraïne nie verander nie.

Vandag het die Franse ministerie van buitelandse weereens teruggekrabbel. “Wat ons eintlik bedoel is net die opskorting van die kontrak en niks anders nie. Ons is vasbeslote om te doen wat moontlik is om dit te verhoed dat dit gebeur.” het Nadal by ‘n inligtingsessie gesê.

Nadal het beklemtoon dat net “die derde vlak van sanksies daarby bedoel word”, en dat die situasie nog nie sover gegaan het dat dit oorweeg word nie. Die Franse regering het hul uitnodiging aan president Poetin om Parys te besoek, herhaal.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.