Forensiese verslag wys spandabele OVK-voorsitter

Deel op

iecriverside‘n Forensiese verslag het bevind dat die voorsitter van die Onafhanklike Verkiesingskommissie, Pansy Tlakula, aanspreeklik is vir haar rol in die aankoop van die kommissie se nuwe hoofkwartier.

Thuli Madonsela het namens die Openbare Beskermer vroeër ‘n verslag vrygestel wat toon dat Tlakula ‘n “uiters onreëlmatig” rol in die verkryging van die Riverside Office Park gebou, in Centurion, gehad het.

Die kantoorpark is vir die OVK se hoofkantoor gehuur.

Madonsela het onbehoorlike gedrag en wanadministrasie aan Tlakula toegeskryf, asook ‘n botsing van belange met ‘n mede-direkteur waarmee sy glo romanties betrokke is.

Tlakula is daarvan beskuldig dat sy ‘n romantiese verhouding met die voorsitter van die Parlement se portefeuljekomitee vir finansies Thaba Mufamadi het, wat ‘n 20%-belang in Abland het uit hoofde van mede-direkteurskap in Lehotsa Investments (Edms) Beperk.

Die OB het aanbeveel dat die OVK sy ooreenkoms met Abland hersien, aan wie die kontrak toegeken is om die Riverside Office Park gebou te huur.

Madonsela het aanbeveel dat die Parlement oorweeg om aksie te neem teen Tlakula.

Dit is een van die bevindinge van ‘n verslag wat deur die Nasionale Tesourie aangevra is oor die aankoop van die gebou in Centurion oos van Pretoria.

Die Openbare Beskermer, Thuli Madonsela, het vroeër bevind dat die proses wat Tlakula gevolg het om die huurkoopkontrak van R320 miljoen vir die hoofkwartier te bekom, nie regverdig, deursigtig of mededingend was nie.

Die forensiese ondersoek toon dat die kontrak tussen die OVK en die verhuringsmaatskappy, Abland ook gladnie regverdig of markverwant is nie.

Die betrokke amptenare het luidens die verslag nie die koste oorweeg nie maar dit wat hulle wou hê gekies.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.